{ARGIEF}

Communitas se webtuiste groei steeds! Daar is reeds 2683 artikels op die webtuiste, waarvan 583 preekriglyne is.  Daarbenewens is daar 406 aflaaibare dokumente en 2112 foto’s gekoppel aan die artikels en nog 223 ander foto’s by die Foto gallerye, gegroepeer volgens temas.  ‘n Goudmyn van inligting en meer as 5000 hulpmiddels!

Omdat daar so baie artikels is, bly dit ‘n uitdaging om die inhoud te ontsluit.  Drie funksies kan jou egter daarmee help:

  1. Die Soek-enjin – gebruik ‘n woord of frase om te sien wat Communitas reeds daaroor gepubliseer het.  Indien jy na ‘n spesifieke artikel soek – wat jy moontlik vroeër gelees het – gebruik enige woord of frase wat jy uit die titel, inhoud of skrywer daarvan kan onthou, en jy behoort redelik vinnig daarby uit te kom.
  2. Alle artikels in datumvolgorde gelys – hier kan jy deur alle artikels blaai, óf net per titel, óf met ‘n paar paragrawe van die inhoud gelys saam met die titel.
  3. Die webtuiste kaart wat in twee kolomme al die artikels in hulle afdelings/kategorieë in die webtuiste onder mekaar lys.

Jy kan natuurlik ook altyd die webmeester inspan en ‘n vraag vra, hetsy deur ‘n e-pos of deur kommentaar onderaan enige artikel te lewer.  Hy sal spoedig daarop reageer.  Onthou ook om te registreer sodat jy die webnuus kan ontvang.