{ARGIEF}

Welkom by www.communitas.co.za
www.communitas.co.za is ‘n kuierplek vir gemeenteleiers wat glo dat gemeentes God se geskenk aan die wêreld is. Ons ontmoet mekaar hier om ons verhale, drome, vrae en insigte met mekaar deel. Hier is nie kopiereg nie, ons deel gratis met mekaar- dit is ‘n oop bron wat daagliks groei soos wat ons saam kuier. Laai na hartelus af en sit met vrymoedigheid by. www.communitas.co.za is vir mense sonder titels, want is ons almal leerders, dissipels, wat probeer verstaan wat dit beteken om die roeping wat ons van God ontvang het, in ons konteks te kan uitleef en die gawes wat Hy aan ons gegee het te ontsluit.
Ons nooi jou uit: word deel van hierdie gemeenskap van leerders, maak ‘n bydrae, vertel vir ons van ‘n boek wat jy gelees het, deel ‘n program wat jy ontwerp het, of vra die vrae wat jy nie alleen kan antwoord nie.