{ARGIEF}

 

Ek dink dit is belangrik dat daar op jou gemeentewebsite  ‘n “link”(skakel) na Communitas se website moet wees. Dan spesifiek die sake wat gemeentelede kan help. Dit sal nie deug as jy net ‘n algemene skakel plaas nie, want sommige lidmate gaan een keer inskakel en hulle dan doodskrik vir al die wonderlike teologie wat hier bedryf word. Ons almal ken mos ook ons gemeentes, so plaas skakels wat vir hulle nuttig kan wees!

Ek dink veral aan skakels soos  die blog van Positiewe ouerskap. Hierdie blog het baie goeie raad en gedagtes oor ouerskap. Ek dink die nood vir goeie raad aan ouers is ontsettend hoog!  Die blogs oor ouerskap, gebed en ook leierskap het artikels wat spesifiek vir die “gewone” gelowige baie kan help.

Natuurlik kan jy ‘n alg skakel opsit, maar dit help soms as jy mense na ‘n onderwerp wat vir hulle nuttig kan wees kanaliseer! Op so manier sal die website nie net vir leiers en predikante nie , maar vir almal nuttig wees!!