{ARGIEF}

Basic Christian DoctrineBasic Christian Doctrine. A Summary of Christian Faith Catholic, Protestant, and Reformed

John Leith

Westminister John Knox 1993

ISBN-10: 0664251927

$29.95

John Leith was waarskynlik een van die invloedrykste sistematiese teoloë in die Gereformeerd-presbiteriaanse wêreld van die afgelope dekades.  Leith is `n behoudende teoloog wie se passie dit was om die implikasies van `n gereformeerde verstaan van die evangelie vir sy eie tyd en situasie te bedink.  Wat Leith se werk besonders maak is die deurleefdheid daarvan.  Hy was lank in die bediening voor hy begin doseer het en was diep, diep betrokke in kerklike lewe in die VSA.  Hierdie bondige dogmatiek van hom staan langs my rekenaar op my naaste rak.  Een van die boeke waarna ek heelwat kyk – en weer kyk en weer kyk. `n Hele paar van die hoofstukke in die boek is absolute juwele.

Coenie Burger


Based on years of experience as a pastor and seminary professor, Leith provides a brief but comprehensive statement of Christian faith for contemporary Christians. He draws from the theologians of the ancient church and affirms the faith of ancient creeds: Apostles’, Nicene, and Athanasian Creeds and the Chalcedonian Definition.