{ARGIEF}

chaning the conversation

Changing the Conversation
Anthony B Robinson

Eerdmans. 2008

ISBN: 978-0-8028-0759-5
$18.00 Paperback

Robinson het die afgelope klompie jare bekendheid verwerf met `n paar uitstekende boeke oor gemeentes en gemeentelike leierskap. Deel van sy krag is dat hy tot onlangs self `n predikant was.  Tans gee hy klas in Kanada en doen konsultasiewerk. Een van die faktore wat Robinson se boeke die moeite werd maak om te lees is dat daar meer goeie en deurdagte teologie in is as in die deursneeboek oor gemeentes of  gemeentegroei.  Wat hom verder merkwaardig maak, is dat hy waarskynlik minder tradisioneel en konserwatief in sy teologie is as die meeste bekende skrywers oor die onderwerp.  Hy en Carl Dudley is van die min mense wat vraagtekens plaas agter die ou slagspreuk dat net konserwatiewe kerke groei.  Nie dat een van hulle regtig vir `n liberale teoloog sal deurgaan nie … Lees meer