{ARGIEF}

Hy het vir ‘n ruk in Edinburgh, Skotland, klasgegee. Tans is hy hoof van die navorsing in Sistematiese Teologie by Trinity Evangelical Divinity School, in Chicago.
First Theology bevat ‘n aantal opstelle van Vanhoozer, die sentrale tema is God, Skrif en Hermeneutiek – wat tegelyk ook die drie afdelings van die boek is. Die hooftema van sy argument is dat die drie “temas” nooit los van mekaar gebruik behoort te word nie. Dit gaan in die teologie en kerk altyd oor God, maar ons moet oppas om oor God te praat los van die Skrif en hermeneutiek. Die tweede groot gevaar is dat ons oor die Skrif en skrifwaarhede  probeer praat los van God en Christus. Ek waardeer die beklemtoning en dink dit is waar dat van die subtielste maar tegelyk die fataalste ontsporings in die kerk en teologie saamhang met die twee gevare: om oor God los te praat van die Skrif of – dalk meer aktueel vir ons as gereformeerde – om oor die Skrif te praat los van die besef dat dit eintlik gaan om die lewende Christus.