{ARGIEF}

Gesprekke oor gedeeltes uit Lukas en Handelinge.

Pieter van Niekerk

Dit is bedoel vir die gewone mense in die kerk, vir leraars, maar ook vir evangeliste, ouderlinge en ander gemeenteleiers, vir manne en vroue wat leiding moet neem by Bybelstudies ,Pinkster- en ander bidure en byeenkomste. Dis bedoel vir deurlees en nadink. Op ’n vars manier en uit ’n nuwe hoek kyk Pieter na ’n klompie bekende verhale. Hy ontdek opnuut dat die evangelie regtig bedoel is vir gewone mense, mense soos ek en jy. Dit is op ’n besondere wyse vir veral die armes, diegene wat weet hoe  afhanklik hulle is – wat die Here Jesus gekom het. En dis vir sulke mense wat Hy ons oë kom oopmaak het.

Prof  Jonathan Jansen skryf “Ek het ‘n lang ruk gelede al opgehou om kerk toe te gaan. Die rede is eenvoudig: ek kon nie die verhewe, hemelse prediking met die pyn en lyding, die werklike probleme van gewone mense, versoen nie. Hierdie versameling Bybelse leringe deur Pieter van Niekerk mag dalk net my siening oor kerkbywoning  verander… Die Skrif word lewendig deur die pen van dr. Van Niekerk – iemand wat sy geloof in ‘n wêreld vol beroeringe uitleef. Hy gaan nie net kerk toe nie, hy leef dit ook uit. Ek beveel hierdie titel ten sterkste aan”
Afrikaans: VAF40
Sotho: VSO40
‘n CLF publikasie @ R25