{ARGIEF}

Patterns in HistoryPatterns in History – A Christian Perspective on Historical Thought

David Bebbington

Apollos. 1990

$24.95

Resensie deur Coenie Burger

Bebbington is `n historikus wat bewustelik Christelik probeer nadink oor die geskiedenis en oor geskiedskrywing.  Hierdie publikasie van hom is `n baie handige oorsig oor verskillende benaderings tot die geskiedenis met `n verduideliking van sy eie geloofstandpunt.

Hy bespreek vyf groot denkskole:
1. `n Sikliese verstaan van die geskiedenis.  Dit was die standpunt van die meer van die ou kulture en word in resenter tye ook gevind in die denke van mense soos Nietzsche, Spengler en Toynbee (tot `n mate).
2. `n Christelike verstaan van die geskiedenis.  Hy gee aandag aan onder andere Eusebius, Augustinus en Joachim van Fiore se werk.
3. Die idée van voortgang wat opgekom het uit die verligtingsdenke.  Hy kyk na die rol van mense soos Voltaire, Adam Smith, Hume ea.
4. Die historisme skool met name soos Vico, Dilthey en Collingwood.
5. Die marxistiese verstaan van die geskiedenis

In die laaste hoofstuk “The Meaning of History” verduidelik Bebbington sy eie standpunt.  Hy sluit instemmend aan by `n sterk stelling van Barrett wat skryf: “The death and resurrection of Jesus show the meaning God puts on life, and manifest the pattern of history as God himself understands it.”  Hy voel homself duidelik baie naby aan die standpunte van die beroemde Cambridge historikus, Sir Herbert Butterfield – goeie geselskap!
`n Herdruk van `n werk wat die eerste keer in 1979 verskyn het.