{ARGIEF}

Ons is die week besig om saam te dink oor waardes. Die woord waarde kom van die Latynse word valere en die Frans valoir wat beteken dit wat werklik waardevol is. Ons maak ons keuses aan die hand van waardes en dit beinvloed daarom ons optrede direk. Byna alles om ons, wil ons kondisioneer om die volgende te glo:

Geluk lê daarin dat jy baie goeters “stuff”,moet hê.

Jy moet daarom so gou as moontlik, so veel as moontlik van die goeters bymekaar, Die liedjie se mos “I want it all and I want it now!”

Jou sekuriteit lê in geld, mag en status.

Ons word gebreinspoel om te glo “Ek is die belangrikste persoon en die sin van my lewe lê daarin dat my behoeftes bevredig moet word, en as ek gelukkig wil wees moet my behoeftes sommer nou bevredig word,

Ons glo ook later daar is vir elke pyn ‘n produk.

Veral die advertensiewese se taktiek is duidelik.  Hulle oortuig jou dat as jy net die produk of motor of klere sal koop , dan sal jy baie beter voel en sommer ook gewild wees.  Mense koop dan net om uit te vind dat die goed voel net ‘n kort rukkie hou, maar gou-gou is daar weer ‘n nuwe mode, ‘n beter produk en ‘n jonger model op die mark en dan moet jy weer koop om beter te voel.  So hou die leun aan en aan en hou mense aan om te koop en te koop om die Whole in the soul “ te probeer vul. Bruggemans waarsku dat TV advertensies selfs jou identiteit kan beïnvloed en verander.

Die boodskappe waaarmee die tydskrifte, televisie, internet, advertensiewese en flieks ons oorspoel, is dikwels direk in kontras met die waardes in die Skrif.

  • Teenoor Ek is die belangrikste persoon sê die Skrif dat God en my naaste die belangrikste is
  • Teenoor jaag na sukses staan die opdrag om te lewe met ‘n roeping en dankbaarheid
  • Teenoor die siening van die ander as my mededinger vir wie ek moet wen sien die Skrif die ander as my medeganger by wie ek moet inhaak.
  • Teenoor Image is alles staan integriteit
  • Teenoor vat en gryp sê die Skrif gee
  • Teenoor selfhandhawing staan diens
  • Teenoor onmiddelikke bevrediging van behoeftes staan selfbeheersing
  • Teenoor mag en status nederigheid en
  • Teenoor prestasie,  genade.

Dit is so moeilik om tussen al die stemme te kan onderskei:  In Fil 1: 9 skryf  Paulus dan : Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom..

Ag Heer ons sukkel om altyd die dinge waarop dit werklik aankom te kan onderskei, want dit wat die wêreld so aantreklik vir ons opdis, word byna ongemerk deel van ons. Help ons dat ons al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling sodat ons die dinge wat werklik ewigheiswaarde het, sal kan onderskei.

RSG Aandmeditasies soos gereël deur die Morele Ondersteuningsgroep van Communitas aangebied deur Jeanette de Klerk