{ARGIEF}

‘n Splinternuwe jaar, 2019, lê voor met splinternuwe Kix-ontmoetings.

Ons hooftema is “Op pad met Jesus” en ons kwartaaltemas Is:

  • Kwartaal 1: Dapper Dissipels
  • Kwartaal 2: Padlangs met Petrus
  • Kwartaal 3: Geheime van die Koninkryk
  • Kwartaal 4: Wonderlike Wonderwerke

Ons sien baie daarna uit om hierdie kwartaal nader kennis te maak met die dissipels van Jesus.
Ons wil ook graag hierdie jaar hoor waar en hoe Kix-ontmoetings oral gebruik word. Ons weet van Kix-groepe wat saam met sopkombuise gebeur. Ons hoor van Kix-groepe wat in kerksale plaasvind waar ‘n hele gemeenskap se kinders welkom is. Soms word Kix-materiaal gebruik in kategese of selfs deur predikante in die eredienste. Laat weet ons asseblief waar jy die materiaal gebruik om kinders aan Jesus en die Bybel voor te stel. Stuur sommer ‘n foto of ‘n video met ‘n kort getuienis na die Jeugkantoor wat ons kan deel.
‘n Belangrike deel van Kix is om kinders aan die groter wêreld bloot te stel. Hierdie jaar se sendingprojek fokus op die werk wat deur die kerk in Kenia gedoen word. Met ons projek “Kix na Kenia” gaan ons op safari! Gebruik die projekles, kaart en skuifstukkies wat julle kan aflaai op hierdie webtuiste om die kinders meer te leer en te motiveer oor die projek. Dankie vir almal wat gereeld aan die projek deelneem; dit sorg altyd vir groot opwinding onder die kinders!
My gebed vir jou is dat jy ook hierdie jaar sal groei as ‘n dissipel van Jesus!
Vriendelike groete,
Anriëtte de Ridder

Eerste kwartaal

[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2019-1ste-kwartaal”]

Kix na Kenia

[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/Kenia”]

Download English material

[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2019-1-English”]