{ARGIEF}

Fokus: Die meeste bestuursmodelle maak gebruik van ʼn hiërargiese bestuursinrigting waar ʼn persoon in bevel van die organisasie is. Baie meer kreatiwiteit, energie en beter verhoudinge kan spruit uit ʼn model waar waardes die hoogste in die organisasie word eerder as om ʼn bestuursinstrument in die hand van die een met die hoogste gesag  te wees.

Die power point van die werkswinkel kan hier afgelaai word

Die model is ontwikkel as ʼn antwoord op die vraag: “Hoe het ek lief” in die konteks van organisasie-bestuur. Die doel van die model is om mense deur waardes tot verandering te inspireer.

Waarmee kan die kursus help? Die kursus kan help om nuwe moontlikhede vir gemeentes en ander organisasies te ontsluit, om sodoende die individuele potensiaal van hul lede te kan ontsluit. Terselfdertyd word weggedoen met die verlammende gevolge van magshiërargie.

Teikengehoor: Predikante, kerkraadslede, gemeentelede wat deelneem aan die bedieninge van die gemeente en vir diegene wat moeg is van die barheid van vergaderings asook diegene wat in veranderingsbestuur betrokke is.

Aanbieder: Pieter Kloppers is betrokke by studentesake aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy sistemiese kultuurvernuwing bevorder.

Materiaal: PowerPoint-aanbieding

Aantal deelnemers: 40

Aanbiedingstyd: Di 25 Aug 14:00–15:30