{ARGIEF}

Fokus: Vanuit die perspektief van twee vroue-predikante gaan ons gesels oor ons ervarings as vroue in gemeenteleierskap.

Ons sal spesifiek aandag gee aan:
Die belangrikheid van teologiese voorwerk en die dekonstruksie van diskoerse wat vroue se leierskap-potensiaal inhibeer. Lidmate se respons op die vraag wat dit vir hulle moontlik maak om vroue in leierskap te aanvaar en te waardeer. Algemene opmerkings oor leierskap en gesag met verwysing na Bybelverhale en met spesifieke verwysing na sirkulêre leierskap as “gender-sensitiewe” model.

Waarmee kan die kursus help? Om ʼn kultuur in die gemeente te skep waar die leierskap-potensiaal van vroue meer beklemtoon word en hulle unieke gawes in die uitbreiding van die Koninkryk meer erkenning kan ontvang.

Teikengehoor: Predikante, lidmate en geestelike leiers.
Aanbieders: Dr Mary-Anne Plaatjies Van Huffel – VGKSA Robertson-Oos en Franziska Andrag-Meyer, predikant by NGK Suidpunt.
Materiaal: Uitdeelstukke

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Di 25 Aug 16:00–17:30