{ARGIEF}

Fokus:
1.    PowerPoint oor die Gevangenis Rehabilitasie plan en die Herstellende Geregtigheid Plan. Die kerkleiers en gemeentes moet weet dat ons nie net mense toesluit nie, maar dat hulle opgeneem word om hul gedragspatroon te herstel na wat God se wil vir hul lewens is.
2.    Die belangrikheid van Rehabilitasie en Transformasie van gevangenes.
3.    Die belangrikheid en geleenthede om gevangenes te beraad.
4.    Mediasie tussen gevangene en slagoffers van misdaad.
5.    Voorontslag-programme.

Waarmee kan die kursus help?
1.    Om beter te verstaan dat ons nie net gevangenes toesluit nie.
2.    Om meer betrokke te wees om die gevangene aanspreeklik te hou vir hul dade in die verlede deur geestelike hulp.
3.    Om nie so maklik te oordeel nie.
4.    Om die agtergrond van gevangenes te verstaan – emosioneel, geestelike armoede, gebrek aan liefde en geen liefdevolle vaderfiguur nie.
5.    Om te weet dat rehabilitasie ʼn gemeenskaplike verantwoordelikheid is.

Teikengehoor: Dominees, kerkrade en gemeentelede met ʼn passie en wat deursettingsvermoë het.
Aanbieders: Eerwaarde Jonathan en Jenny Clayton – Direkteure van Hope Gevangenis-bediening en Baptiste Nasionale Gevangenis-Kapelane vir die Baptiste Unie van Suid-Afrika; Internasionale Herstellende Geregtigheid-Fasiliteerders,
18 jaar in gevangenisbediening. Gestasioneer by Pollsmoor Gevangenis en ook Nasionaal.
Materiaal: PowerPoint-aanbieding. Die inligting sal ook op CD beskikbaar wees @ R50 per CD.

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Wo 26 Aug 14:00–15:30