{ARGIEF}

Fokus: Die bou van kwaliteitverhoudinge tussen gemeentes en die gemeenskap wat ʼn bydrae kan lewer tot holistiese ontwikkeling in die samelewing.

Waarmee kan die kursus help?
Verstaan van die kernbegrippe, sosiale kapitaal en ontwikkeling binne die konteks van plaaslike gemeentes.
Bepaling van hoe gemeentes tans oor hulle rol rakende ontwikkeling in die samelewing dink. Riglyne om gemeentes te mobiliseer vir verhoudingsgedrewe ontwikkeling in die samelewing.

Teikengehoor: Almal  wat belangstel in hoe verhoudinge tussen gemeentes en die gemeenskap kan bydra tot ontwikkeling.

Aanbieder: Ds Debbie Minnie van Worcester-Vallei gemeente, deel van ʼn 4 jaar navorsingsprojek van die NRF (National Research Foundation) wat fokus op religieuse rituele as ʼn bron van sosiale kapitaal en ontwikkeling.

Materiaal: PowerPoint-aanbieding en uitdeelstukke.

Aantal deelnemers: 20

Aanbiedingstyd: Wo 26 Aug 14:00–15:30