{ARGIEF}

Fokus: Die lewe van mense kan verander omdat jy jou emosies kan beheer.

Emosionele Intelligensie bepaal nie alleen meer as 85% van die sukses as leiers nie, maar ook die geluk in jou daaglikse lewe! Negatiewe emosies affekteer die gesondheid van die mens – bv 5 minute van woede, angs of bekommernis het ‘n ses-uurlange effek op die liggaam se immuunsisteem. Dit lei tot lae energie-vlakke, uitbranding, stres, hartkwale en kroniese pyn. Kroniese pyn kan die brein laat krimp! Navorsing wys ook dat 74%–90% van siektes stresverwant is. Die goeie nuus is egter dat emosies beheer kan word vir ‘n gelukkiger lewe!
Waarmee kan die kursus help?
•    Verstaan hoe emosionele intelligensie daaglikse geluk beïnvloed en hoe om emosies te beheer;
•    Tegnieke om ontslae te raak van negatiwitiet, woede, minderwaardigheid en selfs depressie;
•    Tegniek om stresvlakke binne twee minute te verminder wat tot ‘n gesonder lewe sal lei en bloeddruk kan verlaag;
•    Verhoog positiewe hormone in die liggaam vir ‘n gesonder en gelukkiger lewe.
Teikengehoor: Almal is welkom wat ‘n gelukkiger lewe wil lei.

Aanbieder: Dr Pieter van Jaarsveld, geregistreerde siekundige en uitvoerende hoof van Tandem Training, is ‘n erkende internasionale konsultant in leierskap-ontwikkeling. Hy tree gereeld by konferensies, nasionaal en internasionaal, as spreker op, waar hy dikwels erkenning as die beste spreker ontvang het. Sy boek “Hart van ‘n Wenner”, oor emosionele intelligensie, het die CBSA-prys vir beste publikasie ontvang.

Materiaal: PowerPoint en uitdeelstukke.

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd:  Di 25 Aug 14:00–17:30