{ARGIEF}

Fokus: Ons glo dat vernuwing in die geskiedenis van die christelike geloof nog nooit gebeur het sonder dat mense ander melodieë en woorde begin sing het nie. Elke keer as ons ons mond oopmaak om te sing oor God, gee ons uitdrukking aan hoe ons dink oor God. Elke lied dra of verstrengel die Waarheid saam met Wie ons leef. Party waarhede oor God is so groot dat dit slegs in poësie en kuns tot uitdrukking kom.
Ons het nodig om die dissipline van die gesangskrywers te trou met die vrye vloei van musiek in die populêre kultuur. Ons glo die plaaslike gemeente moet ‘n gemeenskap wees waar kunstenaars teologie bedryf. Liedjieskrywers en musiekbegeleiers is die plaaslike teoloë in elke geloofsgemeenskap. Gelowiges leer die meeste van hulle teologie deur musiek. Die waarde van ‘n lied word bepaal deur die teologie daaragter, die skoonheid van die lirieke en die singbaarheid van die melodie.

Waarmee kan die kursus help? Die werkswinkel gaan oor kante van ons geloofstradisie wat smeek om nuut tot uitdrukking gebring te word:  Hoe sing ons oor die “deleted scenes” van ons geloof?  Hoe klink pyn as ons daaroor sing? Kan musiek ons ervarings van bevryding verwoord?  Is daar liedere wat ons uit God se perspektief na die wêreld laat kyk?
Die werkswinkel is ‘n interaktiewe gesprek oor die skep van musiek vir mense wat glo, maar oor godsdiens skepties is. Ons vertel ons storie met die komponeer van musiek vir Kruis – wat ons geleer het uit ons foute en suksesse. 

Teikengehoor: Ons wil speel saam met woord-kunstenaars, teologiese-digters en jong (en ou) -komponiste. Die kursus is vir musiekbegeleiers, gemeenteleiers, digters en liedjieskrywers wat maniere soek om nuut te dink oor musiek.

Aanbieders: Hein Joubert (13 jaar se ervaring in musiekbegeleiding – Musikant, “Band”-leier en Liedjieskrywer) en dr Nico Simpson (Prediker en Kunstenaar by Kruis)
+ Kruis-musikante.

Materiaal: PowerPoint-aanbieding – as jy ʼn flash disk bring kan jy dit aflaai.

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Di 25 Aug 14:00–17:30