{ARGIEF}

Fokus: Die werkswinkel wil fokus op die predikant self as belangrike bron waaroor ʼn gemeente beskik om deel te neem aan die herwinning van hoop.
Die eerste rondte is ʼn bewusmaking van die werklikheid van uitbrand, stres en depressie dmv statistieke en vraelyste (wat uitbrand- en stresvlakke meet).

Waarmee kan die kursus help? Insig in die gevare van uitbrand. Om deel te word van ʼn ondersteuningsgroep, selfsorg en welsyn.

Teikengehoor: Predikante, gemeenteleiers en predikante wat in ringsverband ʼn ondersteuningsgroep wil vorm.

Aanbieder: Johan Wepener, predikant in
NG Gemeente Goodwood namens ʼn uitbrand-ondersteuningsgroep wat die afgelope twee jaar een keer per maand vergader.

Materiaal: PowerPoint -aanbieding
en Uitdeelstukke.

Aantal deelnemers: Onbeperk

Aanbiedingstyd: Di 25 Aug 16:00–17:30