{ARGIEF}

Calvyn Herdenkings-Konferensie 30 Aug – 2 Sept

Hierdie konferensie, wat die 500-jarige herdenking van Johannes Calvyn se geboortedag te vier, word vanaf 30 Augustus tot 2 September 2009 deur die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch aangebied. Die geleentheid vorm ook deel van die 150-jarige feesvieringe van die fakulteit. Die tema van die konferensie is: Die relevansie van Calvyn vir vandag? Predikante wat die konferensie bywoon kan ook daarop let dat die konferensie VBO-geakkrediteerd is vir 30 punte.

Internasionale sprekers soos Serene Jones (president van Union Theological Seminary in New York en skrywer van die boek “Calvin and the rhetoric of piety”), Setri Nyomi (Sekretaris-generaal van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke), Katie Cannon (Union Theological Seminary, Richmond, Virginia), Gijsbert van den Brink, Martien Brinkman en Eddie van den Borght (Vrije Universiteit, Amsterdam) het reeds hulle deelname bevestig, asook Suid-Afrikaanse teoloë soos John de Gruchy, Dirkie Smit, Tinyiko Maluleke, Denise Ackermann, Russel Botman, Piet Naudé, Allan Boesak, Coenie Burger, Ernst Conradie, Andries Cilliers en Robert Vosloo.

Laai die brosjure asook die registrasievorm hier af.

NB Predikante van die Wes- en Suid-Kaap Sinode
U sal sien dat die registrasiegelde vir hierdie kursus R100 is soos vir alle ander drie-dag VBO-kursusse. Stuur asb u registrasievorm VOOR 31 Julie na Chrisna van der Merwe by cmer@sun.ac.za, om in aanmerking te kom vir die VBO-subsidie.

Vir meer inligting, sien

www.sun.ac.za/theology/calvin09 of kontak Helette van der Westhuizen (teologiefees@sun.ac.za) of Robert Vosloo (rrvosloo@sun.ac.za