{ARGIEF}

Cedarberg 2009 was ‘n ervaring van hoopvinding vir almal wat daar was. Die tema: God is ons Hoop! is op velerlei maniere gekommunikeer.

Dinsdag oggend het die maan vroegogend nog vol oor Piketberg gehang en die jong koring het die belofte in kleur verbeeld. Oor Piekenierskloof het die son die vallei verlig. Ons het gekom uit die Boland, die Swartland, die Overberg, die Klein-Karoo, die Groot Karoo, Namakwaland, die Wes-Kus en slefs uit die Suid-Vrystaat. Van plekkies waar mense maklik verby sal ry, maar waar daar geloofsgemeenskappe is wat Hoop soek en Hoop gee. Meeste van ons gemeenskappe leef vanuit die aarde en ons ken die swaarkry van droogtes en vloede, maar ons ken ook nog die taal van gemeenskap, van saamstaan en saam-leef in en deur moeilike tye.  In baie van die gemeenskappe voel ons die transformasie van die land aan ons bas elke dag- ons woon nie in netjiese voorstede afgesonder van die res van die land nie, ons gemeenskappe in interafhanklik van mekaar. Daarom kom ons uit die VG en NG kerke en weet ons dat ons nie sonder mekaar kan voortbestaan nie.

Op Citrusdal is ons vriendelik ontvang en het die hoop om ons oopgevou soos wat ons mekaar versterk het, die Woord gelees het, saam gebid, gesing en mekaar versterk het met nuwe perspektiewe.

Danielle van Zyl, leraar van Citrusdal 

Hoop groei waar ‘n mens nuwe vriende maak.

Coenie Burger 

Ware Hoop is aansteeklik

‘n Mens kan gelukkig leer om te se God is ons Hoop

Hoop het te doen met wat ons verwag, verlang na en wat ons soek in die lewe.

James Wilhoit:  Spiritual Formation simply comes from responding well to pain, suffering, loss and prejudice

Judy Mouton, burgermeester van Cedarberg:

Armoede en ander sosio uitdagings in ons samelewing kan net opgelos word as individue by individue betrokke raak en langs hulle gaan sit. Kerkleiers moet platvorms skep waar mense na mekaar se stories kan luister, daarsonder kan die die res nie gebeur nie.

Ons gee maklik (van) ons besittings, maar moeilik van ons tyd.

Paul Jordaan, sakeleier

Die kerk het die verantwoordelikheid om inisiatief te neem ook op die gebied van finasiele beplanning van ons mense…ons moet spaarklubs begin en veral fokus op die jeug.

Lorette du Preez

Ons het deur Charl se trauma en herstel geler om met manna te leef.

Deur al die trauma het ons geleer om ‘n lewende verhouding met die Here te leef. Die Here het vir ons ‘n werklikheid geword in die volle lewe, ons wil meer net kerklidmate wees nie.

 

{gallery}/cedarberg2009{/gallery}