{ARGIEF}

GEMEENTES MET HOOP

Die derde Cedarberg Konferensie word deur VG en NG gemeentes van Citrusdal in samewerking met Communitas aangebied op 26 & 27 Augustus 2010 .  Die konferensie fokus veral op die bediening in die platteland.  Ons fokus ook op ALLE gemeenteleiers en gemeentelede – BESLIS NIE NET PREDIKANTE NIE!!  Vir navrae of voorlopige besprekings kontak asseblief vir:
Danielle van Zyl – 0229212300 of 0832617650 of keteng@kingsley.co.za Johan Witbooi – 0229212602 of 083 629 5067 of njwitbooi@xsinet.co.za Nella-Marie Venter – 0229212085.

Hou gerus die datum oop en kom kuier saam, leer saam en bymekaar en kom aanbid saam in die wonderlike Olifantsriviervallei vol met sitrus!!

Die volledige program  in Pdf-formaat met inskrywings kan hier afgelaai wordProgram in Word-formaat kan hier afgelaai word

Insskrywingsvorm kan hier afgelaai word

Inskrywingsgeld beloop R130.00 per persoon per dag.

Verblyf: Verblyf word gratis verskaf aan konferensiegangers by gemeentelede.  Indien persone eie verblyf wil reël, is hulle welkom om die toerismekantoor op Citrusdal te kontak by 0229213210. En dan natuurlik is ons in die platteland en gaan daar baie tyd wees vir kuier en by mekaar leer en gaan ons die Donderdagaand lekker saamkuier om die braaivleisvuur!!