{ARGIEF}

By die Cedarberg konferensie word daar gepraat oor die uitdagings van die plattelandse bediening.

Dit is ‘n konferensie vir die platteland van die platteland. Ons het met ‘n paar van die konferensiegangers gepraat oor hoe hulle die uitdagings van die plattelandse bediening sien en wat hulle by die konferensie geleer het.

JB Wessels is ‘n bekende in die platteland as streekverteenwoordiger vir AMOS bediening en kan met baie ervaring praat oor die uitdagings van plattelandse bediening. Hy praat reguit oor die behoefte aan leierskap en die bou van verhoudings in die plattelandse gemeenskappe.

 

Nico Webber is predikant in Barrydale en praat oor plattelandse gemeentes wat die gawe van gasvryheid het wat gemeentes in die stede nie altyd het nie

Ronell is ‘n gemeenteleier van Onrusrivier gemeente en vertel wat sy geleer het  en waarmee sy teruggaan na die gemeente

David en Basie het al die pad van Luckhof gekom en vertel van die kreatiewe dinge wat in hulle gemeenskap aan die gebeur is. Hulle vertel hoe hulle die verhouding met mekaar gebou het en die uitdaging om in die platteland brue te bou tussen gemeenskappe

Jacques Louw van Packelsdorp naby George kom ‘n lang pad in die bediening en het al die pad van George gekom om te leer oor die kerk se rol in die gemeenskap Hy  vertel vrymoedig wat hy by die konferensie geleer het.

Jacques is ‘n leier van Montaque gemeente en deel sy ervarings van die konferensie Hy was nog nooit by ‘n Ring of Siondesitting nie en was nuuskierig oor wat predikante en gemeenteleiers doen as hulle so saam kom.

Nelle-Marie is die logistieke ruggraat van die kursus en gesels oor wat sy geleer het in die twee jaar se organisering van die konferensie Sy vertel oor hoekom sy gekies het om haar gawe van organisering in die kerk te gebruik en hoe lekker dit is om in ‘n span saam te werk wat dieselfde visie deel.

Adriaan is predikant in Lambertbaai en deel sy gedagtes oor die bediening Sy hele bediening was in plattelandse gemeentes- Botswana, Overberg en nou aan die Wes-kus.