{ARGIEF}

TERUGVOER VAN TEMAGESPREKKE  

Tema: Dissipelskap (Fasiliteerder: Robert Knobel)
Vrae tov die tema:
  1. Watter stof is daar?
  2. Watter metodiek kan gebruik word?
  3. Watter rol speel die predikant?
  4. Wat is dissipelskap? Definieer.
 Storie(s) wat help tov die tema (indien daar is). Skryf hooflyne en persoon wat dit vertel het en gemeente.

Charl du Plessis (ds van NGK George Bergsig) het van 2004 begin om van Deon Loots (NGK Somerstrand PE) se materiaal gebruik te maak. Hulle is nou al 2 jaar aan die gang en begin deur Johannes evangelie deur te werk en te vra: Wat sê die Here vir jou? Die metode is Lees – hoor – luister en die hou van ’n joernaal. Dit word dan weekliks in ’n groep gedeel. Hy sê dat die voer hoog opgehang moet word omdat dit ’n groot commitment vra: ten minste 2 uur persoonlike voorbereiding per week. Dan vergader die groep weekliks vir 2 ure ook. Die stof word dan bespreek, daaroor gesels, sake met mekaar gedeel en na mekaar geluister. Die belangrike is dat dit ons help om in die teenwoordigheid van God te lewe en daarvoor moet daar genoeg tyd gemaak word.

Hannes Pretorius (ook van dieselfde gemeente) kom saam met ’n groep sakemanne elke Maandagoggend 6-uur (!) daarvoor bymekaar en hy getuig dat dit regtig ’n verskil in mense se lewens maak. Hulle is ook daarvan oortuig dat die byeenkomste gemaak het dat mense wat vroeer oorweeg het om uit die NG Kerk te gaan, nou besluit het om te bly. Maar (miskien juis hoekom dit ‘werk’) dit vra ’n groot commitment.

Daar is ook ander stof beskikbaar wat deur Communitas ontwikkel word. Gys van Schoor (Durbanville) het ook stof in die lyn. Willem Nicol het ’n handleiding “In die hande van die Pottebakker” wat met vrug vir ’n gespreksgroep gebruik kan word.

Bydraes oor vrae.

Wat is dissipelskap?

Om volgeling van Jesus te wees. Dit is ’n leefwyse (way of life). Dit bring verdieping mee – heiligmaking. Dit vra ‘n oorgawe in afhanklikheid van God en maak van ‘n mens iemand wat al hoe meer bruikbaar is vir die Here. (Dit beteken wel NIE ‘Super Christenskap” nie). Dit is ’n lewe in die teenwoordigheid van God en vra toewyding en vasbyt. Dit is ’n aktiewe volg van Christus.

Metodiek?

Kom in groepe bymekaar (soos Charl verduidelik het) Ook Omgeegroepe/Selgemeentes en Bybelstudiegroepe en gespreksgroepe het op ander maniere op die vlak van dissipelskap.