{ARGIEF}

Hierdie dag is vir jou ouers en van die ander familie wat spesiaal gekom het, ‘n besonderse dag van hoop, dankbaarheid en gebede.  Ons weet nie hoe jou kinder- en tienerjare gaan ontwikkel en hoe jy dan vir God gaan beleef nie.  Ons is egter baie seker dat Sy liefde vir jou so sterk brand dat Hy altyd deel sal bly van jou lewe, altyd sal wag dat jy vir Sy liefde ‘ja!’ sê; want net Hy gee jou vryheid en ’n lewe van betekenis.  Dit is waarvan die doop ‘n teken en bevestiging is.  Ons kan sê dit is God se trouring wat bevestig dat jy Syne is; aan Hom vasgemaak is met ‘n band wat nooit sal breek nie. 

Dalk word jy eendag dramaties deur Sy liefde gekonfronteer en maak dan ‘n besluit, of dalk groei jy geleidelik in jou keuse in om Hom te dien.  Weet net, Hy maak jou Sy kind op grond van wat Jesus Christus gedoen het en nie op grond van iets wat jy doen nie.  Daarom bly jy deel van hierdie familie totdat jy doelbewus kies om jou rug daarop te keer.  Hy hoop egter, al is dit soms moeilik, dat jy sal ontdek hoe wonderlik dit is om, in gehoorsaamheid aan Hom, Sy plan vir jou lewe te vind.

Die meeste van ons sal sekerlik nie teenwoordig wees op die dag van jou belydenisaflegging nie.  Sommige sal wel daar wees en namens ons – wat jou vandag aan die Here opdra – getuies wees van God se troue liefde wat stand hou van geslag tot geslag.

Die Here sal jou seën en jou beskerm, die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees.  Die Here sal jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee (Vgl Num 6:24-26).

Jou deelgenoot in die geloof

 

_______________________
Ds
Nms Kerkraad en Gemeente

(Ns:  Agterop die brief is daar hantekeninge van familie en ander gelowiges wat gesien het hoe jy gedoop is hulle wil jou graag verwelkom in God se kerk en die pad saam met jou loop.)

 

 

Liewe                                                             

Die brief word geskryf sodat jy as jy dit lees, jy die waarde en diep betekenis kan verstaan wat jou doopdag vir jou ouers, familie en geestelike familie hier in ¬¬¬¬_________ NG Kerk gehad het.

Jy is teen die tyd wat jy die brief lees, waarskynlik al ‘n jong man!  Met die skryf van die brief is jy egter nog ‘n pragtige klein babaseuntjie.  Ons as gemeente is vandag getuie dat die Here jou aanneem as Sy kind – op grond van liefde van Jesus.  Ons sien en hoor hoe Hy jou opneem in sy huisgesin, hoe Hy jou deelmaak van ‘n groot geestelike familie. Dit is ‘n familie wat al begin het met Abraham en wat in alle tale en lande voortgaan tot met die wederkoms van ons Here Jesus.  Jou ouers – in die eerste plek – maar ook ons almal as gelowiges, beloof vandag om jou te vertel van die groot dade van God en wat die Goeie Nuus van Jesus Christus behels.  Ons glo Hy gee ons aan mekaar as mede-reisigers op die pad, wat mekaar moet help om raak te sien hoe die Here in ons lewe werk.  Maar weet ook, selfs al laat mense jou in die steek,  God laat jou nooit in die steek nie.

Hierdie dag is vir jou ouers en van die ander familie wat spesiaal gekom het, ‘n besonderse dag van hoop, dankbaarheid en gebede.  Ons weet nie hoe jou kinder- en tienerjare gaan ontwikkel en hoe jy dan vir God gaan beleef nie.  Ons is egter baie seker dat Sy liefde vir jou so sterk brand dat Hy altyd deel sal bly van jou lewe, altyd sal wag dat jy vir Sy liefde ‘ja!’ sê; want net Hy gee jou vryheid en ’n lewe van betekenis.  Dit is waarvan die doop ‘n teken en bevestiging is.  Ons kan sê dit is God se trouring wat bevestig dat jy Syne is; aan Hom vasgemaak is met ‘n band wat nooit sal breek nie. 

Dalk word jy eendag dramaties deur Sy liefde gekonfronteer en maak dan ‘n besluit, of dalk groei jy geleidelik in jou keuse in om Hom te dien.  Weet net, Hy maak jou Sy kind op grond van wat Jesus Christus gedoen het en nie op grond van iets wat jy doen nie.  Daarom bly jy deel van hierdie familie totdat jy doelbewus kies om jou rug daarop te keer.  Hy hoop egter, al is dit soms moeilik, dat jy sal ontdek hoe wonderlik dit is om, in gehoorsaamheid aan Hom, Sy plan vir jou lewe te vind.

Die meeste van ons sal sekerlik nie teenwoordig wees op die dag van jou belydenisaflegging nie.  Sommige sal wel daar wees en namens ons – wat jou vandag aan die Here opdra – getuies wees van God se troue liefde wat stand hou van geslag tot geslag.

Die Here sal jou seën en jou beskerm, die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees.  Die Here sal jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee (Vgl Num 6:24-26).
Jou deelgenoot in die geloof

 

_______________________
Ds
Nms Kerkraad en Gemeente

(Ns:  Agterop die brief is daar hantekeninge van familie en ander gelowiges wat gesien het hoe jy gedoop is. Hulle wil jou graag verwelkom in God se kerk en die pad saam met jou loop.)