{ARGIEF}

Terugvroeg van tema-gesprek

Dis die Gees van God wat in ons woon – ons gaan luister na mekaar – elkeen het ewe veel van die Heilige Gees in ons, maw 100%.

Vrae tov die tema :
a) Watter verskillende kursusse kan aangebied word?
b) Tot watter mate sluit gawes van Gees, persoonlikheidstipes en passies in met spiritualiteitstipe?
c) Verband tussen gawes, passies, talente en vaardighede.
d) Hoekom word soveel klem gelê op sekere “charismatiese” gawes?
e) Geslagsbediening en Gawebediening –  hoe trou hulle met mekaar?

Bydraes :

Netwerkkursusse – Ontdek jou Gawes (ou kursus) – Ontdek jou Plek – Three Colours
of Ministry (Natural Church Development).

Ons moet leer bymekaar en nie foute herhaal nie.  Ons kan ‘n gawe ontvang en dit kan ‘n passie word.  Watter gawe het jy binne die konteks van passie en gawe?  Indien dit verskil – wat dan?  Gawes is nie minder belangrik nie.  Jou passie en gawe kan verskil.
Talent kan ontwikkel tot ‘n vaardigheid, maar passie moet daar wees.

Glo ons dat elke mens word toegerus met gawes?  Nuwe gawe kan jy ontvang – hoef nie noodwendig nuut te wees nie.  Gawe kan op ‘n gegewe tyd ontvang word – die Here rus ons toe soos nodig vir Sy Naam en Sy Heerlikheid.

Wanneer ‘n persoon in bediening is waar hy ‘n passie het, kry jy hom nie daar weg nie.  Net so is dit die geval wanneer ‘n persoon iets doen waarvoor hy nie ‘n passie het nie, moet jy hom betaal om dit te doen.

Predikante moet gemotiveer word om aan te hou en uit te vind waartoe gemeente-lede instaat is deur in hul gawes te opereer.  Waar wil die Here jou gebruik?  Die Here wat roep deur Sy Gees is en bly getrou.

Deur “Way of Life” – te wandel – ontdek jy jou gawes.  Ons moet nie net baie praat nie, maar vra wat doen ons om ‘n verskil te maak?  Dit moet uitloop op ‘n bediening.

Daar is gebreke in ons Kerktradisie – hoeveel suksesvolle en hoeveel uitgebrande predikante?  Here gee vir Sy Kerk die gawes – predikante kan nie alles self doen nie.  Mense in gemeente wil betrokke wees.  Partykeer moet lidmate net vertrou word dat hull dit kan doen.  Predikante was opgelei met die bedoeling dat hulle alles self moes doen. Soos ‘n Bestuurder van ‘n “Franscise”. 

 

Persoonlikheid- en tipes gawes – Mens opereer volgens jou persoonlikheid – die uitlewing daarvan – wie jy is, hoe jy dinge doen.  Niks is staties nie – kan aanleiding gee tot persoonlikheid, passie en gawe – werk van die Heilige Gees.  Hy vorm en hervorm ons.

Gawes, roeping en persoonlikheid – Ds Willem het gedeel dat dit na ruk in sy bediening verander het.  Geroep om met mense te werk.  Die Here vorm mens en jou gawes word ook aangepas vir / met gemeente.  Die Here stuur ook sekere branders en rus jou toe vir spesifieke take.  Hy het ‘n plan.

Verwys na Trein – ons is by verskillende stasies – influistering van die Heilige Gees.  Die Here maak sekere goed in ons los.  Ons, as gebroke mense word gebruik in Sy diens vir Sy Koninkryk.  Ons moet fokus op die Heilige Gees.

Jes 58 – Uitbreiding van Sy Koninkryk – grootste hiervan is die “Liefde”. Misterie – primêr fokus op die Heilige Gees – Hy beweeg en werk ook deur Sy kinders.  Sonder liefde, sal alles tot niet gaan – een Gees werk – op pad wees met Hom.

Vroueaksie inskakel met geslagbediening – Dissipelskap kursus.  Jy ontwikkel nie regtig jou gawe indien jy in die bondel bly nie.  Skep van ruimtes.  As die Here jou oortuig van ‘n bediening – is daar ruimte vir jou.  Sien potensiaal in vroue.

Ds Willem het afgesluit deur ‘n prentjie te teken van ‘n piramide.  Predikant, kerkraad en dan bedieninge waar die lidmate inskakel.  Dit moet eintlik omgekeer realiseer sodat lidmate by die bedieninge “gehelp en toegerus” kan word om met hulle gawes, talente en passies deur die Heilige Gees in Sy Koninkryk betrokke te kan wees.