{ARGIEF}

GEBED IN DIE GEREFORMEERDE TEOLOGIE?
Dirkie Smit, Fakulteit Teologie, Stellenbosch

OM MET GOD TE WANDEL – OOR GEBED EN SPIRITUALITEIT
KONFERENSIE, COMMUNITAS, SKG VAN NGK EN VGK
17-18 FEBRUARIE 2009

_________________________________________________________________________

1. “My hart gee ek aan U, O Here …” – Oor die volle lewe as erediens tot lof van God

Calvyn: ad majorem gloriam Dei; soli Deo gloria; cor meum tibi offero, Domine, prompte et sincere

Pietas as tema van Institusie (kommentare; preke); teologie in diens van vroomheid; godskennis en selfkennis as één

Dus: lewenshouding van aanbidding; Hervorming self is “an act of continuous prayer, an invocation”; “theology and life begin and end in prayer” (Barth)

2. “Hef op julle harte” – Oor erediens as gesamentlike aanbidding van die gemeente

Calvyn: sursum corda, hef op julle harte; gebed is “the chief exercise of our devotion”; oor eie-aard van Gereformeerde erediens: op spel is aard van die teenwoordigheid van die lewende God; Bucer oor Hand 2:42: prediking, gemeenskap, nagmaal, gebede

Barth: fides quarens intellectum; oor lex orandi; in The Knowledge of God and the Service of God (oor Skotse Konfessie): belangwekkendste gebeurtenis in ganse wêreld

Heidelbergse Kategismus: belangrikste vorm van dankbaarheid

3. “Om te nader tot Gods genadetroon” – Oor gebed opgeroep deur die evangelie

Reaksie op die evangelie – nié primer menslik-religieuse handeling, óf as innerlike soeke van mistiek óf self-gesprek, óf as uitwendige soeke van afgodediens óf self-vervulling; polemiese konteks by Calvyn: nie alles wat na gebed lyk is Christelike gebed nie; innige verband tussen (ware) godskennis, teo-logie, en (regte) gebed

Reaksie van gelóóf in beloftes van evangelie; daarom Trinitaries opgeroep en gestruktureer, deur genadige liefde en goedheid van die Vader, deur voorbeeld en voorbidding van die Seun, deur troos en voorspraak van die Heilige Gees

Dáárom: kontemplasie – van die aangesig van God (hart van die geloof, as faciem Dei contemplari), meditasie – van die toekomstige lewe (hart van die Christelike lewe, meditatio vitae futurae)

Dáárom: regte gesindheid van gebed; Calvyn, Inst 3.20: heilige eerbied, respek, “vrees”; opregtheid, erns, bedoeling, bewus van eie swakhede en behoeftes; deemoed, afsien van alle trots en self-verheffing; vaste vertroue, fiducia, certa spes, verseker-wees van gehoor en verhoor word; ook Heid Kat V & A 117; almal opgeroep deur aard van hierdie God (met weinig of géén belangstelling in menslike handelinge, praktyke, korrekte kultiese, liturgiese, rituele, religieuse of geestelike vorme)

Dáárom: wortel in lof van Drieënige God; waaier uit …

in klag, pleit en versugting (God is immers Vlugteling onder vlugtelinge);
in dankbaarheid en danksegging (erkentlikheid vir gawes, troue sorg);
in berou en skuldbelydenis (“oefening in naam-gee”)
in vra en voorbede (volgens Barth is vra die hart van gebed; Bonhoeffer oor voorbede);
oorgawe en toewyding (erns neem van eie gebede, lex orandi, lex credendi, lex convivendi)

… almal as gestaltes van doksologie, van loof en prys

Dáárom: integrale deel van regverdiging én heiliging; talle waarskuwings teen misbruike

Die bekende metafoor vir gebed as “met vrymoedigheid nader tot Gods troon van genade”; bevat elemente

van kennis van hierdie spesifieke God;
van heiligheid, eerbied, respek;
van bewuste en doelgerigte beweging, handeling;
van persoonlike aard, verhoudingsaard;
van vertroue en versekerd-wees;
van beloftes van vergiffenis, vryspraak, aanvaarding, goedheid, as diepste grond

4. “In die skool van gebed” – Oor die Bybelse vóórgaan in hoe om te bid

Daarom moet gebed geléér word; in “leerskool van God” (Calvyn)

Ons Vader as voorbeeld; “patroon,” “model,” “reël”; nuttig vir formasie en transformasie, daarom in kategese; Calvyn: vertaal, omskryf, konkretiseer, brei uit, verduidelik in openbare gebede, maar álles hierin reeds gegee (“as model for all right prayer, not in its precise words, but in the major concerns,” McKee);

Ons Vader in die hemel (Calvyn: “not only those whom we at present see and recognize as such, but all people who dwell on the earth. For what the Lord has determined concerning them is beyond our knowing, except that we ought to wish and hope the best for them”; Calvyn: “Strife shuts the gate to prayers, and thus Christians should offer their prayers in common with one accord”)
Laat u Naam geheilig word; Laat u koninkryk kom; laat u wil geskied (Barth)
Ons daaglikse brood; ons skuld; versoeking en die bose (Calvyn)

Die Psalms as gebedeboek van die kerk (Selderhuis); Calvyn oor imitatio Davidis; rol van sang as gebed; psalms is spieël vir al ons eie gevoelens van die hart

Calvyn se 159 preke oor Job; Sandra Schneider: oor die vraag wie reg sien, as God sy gesig verberg; alle preke eindig met lang gebede, “following this holy teaching, we bow ourselves before the face of our good God …”; alle lesings begin met gebede, “Grant, Almighty God, that as you …”

“Learning to see differently” (De Gruchy); “thinking our way into God’s world” (Hall); education of desire” (Gorringe); nood leer nie bid nie, bid leer nood

5. “Laat u ryk kom” – Oor aanroep en verlange as hart van die Christelike lewe

Die Onse Vader ook as leerskool vir die lewe (aanbidding, heiliging, geregtigheid – Wolterstorff)

Barth: invocatio, aanroep as hart van die Christelike lewe (Psalm 50:15); staan in lang tradisie; uitleg van Ons Vader; dus gebed as deel van die daaglikse wándel voor Gods aangesig

Gebed as worstel om wil van hierdie God (“we pray not only that what is opposed to God’s will may not be done, but also that God may create us afresh to desire what is in accord with that divine will,” McKee oor Calvyn; “Verzet en Overgave,” Bonhoeffer)

Gebed as worstel om voorsienigheid en sorg van hierdie God (Oberman: providentia generalis, providentia specialis, providentia specialissima)

Gebed as worstel om geregtigheid van hierdie God; sol iustitiae illustra nos!; fiat iustitiae!; “the hastening that waits”

Dié worsteling saamgebundel in die verlange en versugting: “Laat u ryk kom”; eskatologies; die lofprysing van pelgrims