{ARGIEF}

Die Gebedskonferensie het met groot getalle en nog groter verwagting begin vandag.

Meer as 200 gemeenteleiers van so ver as Namibie het gekom. Anton le Roux een van die sprekers het vertel dat dit vir hom ‘n groot voorreg is om aan die konferensie te kan deelneem. Konferensiegangers was oor die algemeen vol verwagting dat hierdie konferensie ‘n geestelike inpak op hulle lewe sal maak. ‘n Gemeenteleier het gese sy wag nou al so lank dat daar meer oor gebed in die kerk gepraat gaan word en dat hoop ons sal drink uit die fontein van lewende water.