{ARGIEF}

DIE GESKIEDENIS VAN DIE KWEEKSKOOL EN TEOLOGIE STELLENBOSCH 150+

Op 1 November 2009 sal dit presies 150 jaar wees sedert die ou Drostdygebou van Stellenbosch feestelik in gebruik geneem is as ’n seminarium vir die opleiding van predikante. Voor 1859 het die meeste predikante van die NG Kerk hulle teologiese opleiding aan die Universiteit van Utrecht ontvang. Later sou baie studente uit Stellenbosch hulle studie aan die Vrije Universiteit van Amsterdam voortsit. Oor baie jare heen het die Kweekskool predikante opgelei wat as geestelike leiers ’n invloed in kerk en samelewing gehad het. Uit die Kweekskool sou ook ander opvoedingsinrigtings op Stellenbosch ontstaan, uiteindelik in 1918 die Universiteit Stellenbosch self. In 1963 het die Seminarium ‘n Fakulteit Teologie van die US geword. In 2000 het die teologiese opleiding van die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider-Afrika asook die Uniting Presbyterian Church of Southern Africa deel van die Fakulteit geword. Al die opleiding geskied kragtens ooreenkomste tussen die betrokke kerke en die Universiteit.

Die Fakulteit Teologie bied van 16 – 19 Maart 2009 ‘n konferensie aan onder die tema Die geskiedenis van die Kweekskool en Teologie Stellenbosch 150+. Onder hierdie tema wil ons terugkyk na die opleiding van die afgelope 150 jaar, maar terselfdertyd ook vorentoe kyk en probeer om die geleenthede te peil wat die toekoms mag inhou.

PLEK
Attie van Wijk Ouditorium, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

REGISTRASIE EN KONFERENSIEFOOIE
Enige persoon is welkom om die konferensie by te woon. Die voertaal sal volgens die voorkeur van elke spreker wees. RSVP asseblief teen 27 Februarie 2009 indien u die konferensie wil bywoon. Registrasie vind elke oggend van 08:00 – 08:30 in die foyer van die Attie van Wijk Ouditorium plaas. Konferensiefooie beloop R200 vir die volle konferensie, of  ʼn dagfooi van R50. Slegs kontant- of tjekbetalings (Universiteit Stellenbosch) sal aanvaar word. Hierdie fooie sluit in ʼn konferensiepakket, tee, notas en toegang tot die onthaal. Konferensiegangers is self verantwoordelik vir middagetes. ‘n Lys van restaurante binne loopafstand van die Fakulteit Teologie sal tydens registrasie beskikbaar gestel word. ʼn Gedenkbundel sal tydens die onthaal op Dinsdag 17 Maart 2009 bekendgestel word. Hierdie bundel sal teen R200 per eksemplaar tydens die konferensie beskikbaar wees.

PROGRAM

MAANDAG 16 MAART 2009

8:30 – 8:45  Opening

(1)    8:45 – 9:30  A Olivier: Vroeë Voorsiening van Geestelike Bedienaars en die Aanloop 1652-1814

(2)    9:30 – 10:15  H J van Rinsum:  “Beets te laten vertrekken is schier ondenkbaar:  Nicolaas Beets en de teologiese kweekschool.“

10:15 – 10:30  Verversings

(3)    10:30 – 11:15  M Kitshoff:  GWA van der Lingen – Meesterbouer aan die Kweekskool.

(4)    11:15 – 12:00  P Coertzen:  Ontstaanskenmerke van die Teologiese Seminarium 1814-1908

(5)    12:00 – 12:45  PB van der Watt:  John Murray (1826-1882) – Eerste Professor en voorste Pedagoog

12:45 – 14:30  Middagete

(6)  14:30 – 15:15  S du Toit:  Prof NJ Hofmeyr – Vyftig jaar se invloed op die NG Kerk.

(7)  15:15 – 16:00  V Brümmer:  Hofmeyr en die Mistieke Teologie op Stellenbosch

16:00 – 16:15  Verversings

(8)  16:15 – 17:00  D Thom:  Koersveranderinge in die Kweekskool .  Die bydrae van Prof PJG de Vos

(9)  17:00 – 17:45  J Mouton:  ‘n Sosiologiese opname oor die Kweekskool

DINSDAG 17 MAART 2009

8:30 – 8:45  Opening

(10)  8:45 – 9:30  G Schutte:  Die Kweekskool en Vrye Universiteit

(11)  9:30 – 10:15  J Lubbe:  “Gereformeerd, innerlik sterk en met oop oë.  J I Marais, sy studente en Abraham Kuyper, 1879-1929.”

10:15 – 10:30  Verversings

(12)  10:30 – 11:15  D de Villiers:  Die Kweekskool en die wrede Anglo-Boereoorlog 1899-1902

(13)  11:15 – 12:00  R Britz:  Die Stellenbosse Calvyn 1929 – 1959

(14)  12:00 – 12:45  A Olivier:  Die jare van die Leerstryd 1910-1935

12:45 – 14:30  Middagete

(15)  14:30 – 15:15  F Erasmus:  Watter bed vir Gouelokkies?  ‘n Kritiese beoordeling van die gangbare beskouing oor die teologiese standpunt van prof Johannes du Plessis (1868-1935).

(16)  15:15 – 16:00  RR Vosloo:  Die Kweekskool 1935 – 1963

16:00 – 16:15  Verversings

(17)  16:15 – 17:30 HJB Combrink, JNH Hartney, BA Müller e.a.:  Van Seminarium na Fakulteit Teologie

(18)  17:00 – 18:15  D Veldsman:  Eietydse reïnterpretatiewe geloofwaardigheid: oor die Heynsiaanse benadering tot die evangelie

ONTHAAL

WOENSDAG 18 MAART 2009

8:30 – 8:45  Opening

(19)  8:45 – 9:30  PF Theron:  WD Jonker

(20)  9:30 – 10:15 SA Strauss:  Die Dogmatiese tradisie op Stellenbosch (1859 – 2008)

10:15 – 10:30  Verversings

(21)  10:30 – 11:15  DJ Louw:  Die Fakulteit op die Wipplank tussen Verrassing en Ontnugtering

(22)  11:15 – 12:00  E Mouton:  Die Fakulteit op die Wipplank tussen Verrassing en Ontnugtering, Waarheid en Pyn

(23)  12:00 – 12:45  MDJ Smith:  150 Jaar Teologie uit die Perspektief van die NG Kerk

13:15 – 14:30  Middagete

(24)      14:30 – 16:00)  J Oosthuyzen, D Botha en C Loff:  Die VGK en Teologiese Opleiding

16:00 – 16:15  Verversings

(25)      16:15 – 17:00  B Croucher:  Theological Training and the Presbyterian Church

(26)  17:00 – 17:45  F Gaum:  Die Kerkbode ná 160 jaar

DONDERDAG 19 MAART 2009

8:30 – 8:45  Opening

(27)  8:45 – 9:30  Pieta van Beek:  Buitenbeentjes in de kerk: vrouwen als Susanna Smit, Maria Murray Neethling en Willemien Appel in het licht van internationale vrouwengeschiedenis

(28)  9:30 – 10:15  L Joubert:  ‘n Mosaïek van ervarings.  Vroue studente by die Kweekskool 1990–2000.

10:15 – 10:30  Verversings

(29)  10:30 – 11:15  HP van der Westhuizen:  Die Kweekskoolkoor

(30)  11:15 – 12:00  P Coertzen:  Die Terrein en Geboue aan die Bo-punt van Dorpstraat

(31)    12:00 – 12:45  G Harinck:  De Geschiedschrijving over theologische opleidingen (seminaries, faculteiten, of universiteiten).

(32)  12:45 – 13:30  JJ du Preez: Missiologie: ‘n Terugblik en vooruitskouiing

(33) 12:45 – Afsluiting

KONTAK ONS
Prof Pieter Coertzen
pc@sun.ac.za
Tel (w): +27 21 808 3576
Tel (h): +27 21 887 2619
Selfoon: + 28 76 180 9366    Helette van der Westhuizen
teologiefees@sun.ac.za
Tel: +27 21 808 2469
Faks: +27 21 808 3251
Selfoon: +28 72 547 9464