{ARGIEF}

TERUGVOER VAN TEMAGESPREKKE  

Tema: Groen (Fasiliteerder: Schalk Kotzé)  
Vrae tov die tema:
  1. Dink ons dieselfde oor die groen aarde?
  2. Drukgroepe kom nie uit die kerk nie – hoekom nie?
  3. Wat van die kerklike tradisie wat sing: Hoe skoon die aarde, dit het MIN waarde…?
  4. Teologie van ’n spoedige wederkoms maak dat mense nie met voet op die aarde loop nie
  5. Wat kan die kerk doen?
  6. Plant ons inheems op die kerkterreine?
  7. Wie doen wat in ons omgewings?
  8. Wat van die droogte? Raak ons nou eers bewaringsbewus in nood?
 Bydraes oor vrae.
    • Groot geelhoutbome is dood By Ebb and Flow (Wildernis) agv aardverwarming. Dit bring mee dat mense meer bewus daarvan raak om inheems te plant.
    • Gemeentes pak herwinningsprojekte aan en ook opruimingsprojekte.
    • Lidmate raak meer bewus van die rol van elke plant en dier in die ekosisteem as dit begin ontbreek.
    • As mense nie kennis het nie, pla dit hulle nie. Dus: Kennis bring verandering.
    • Lidmate het bv na kerk plastieksakke langs die N2 opgetel.
    Opsomming van die groep tov gevolgtrekking oor die tema ter sprake
    • Die Kerk moet begin fokus op prioriteite van die aarde soos misdaad en armoede en aardverwarming.
    • Alle ontwikkelings het ’n impak op die natuur. Ontwikkeling per se is nie boos nie.
    • Soms word ontwikkeling vir selfsugtige redes teengestaan deur mense wat reeds het bv. om geen verdere uitbreidings in ’n area toe te laat nie sodat hulle beter eiendomme het.
    • Die regte bestuur moet ‘n balans tussen ontwikkeling en bewaring bereik.
    • Saam met kennis van die natuur kom liefde vir die natuur.
    • So word wild bv hervestig weens ekonomiese redes vir jag en kom daar ’n balans tussen bewaring en benutting.
    • Dikwels is dit gierigheid wat lei tot natuurrampe.
    • Teologie van rentmeesterskap  tov die natuur moet in die kerk nagestrewe word.
    • Wat van ’n biddag vir die behoud van die aarde – ipv net ’n biddag vir reën.
    • Boere bereik deur bewaringsboerdery groot sukses en keer die agteruitgang van natuurlike hulpbronne.
    • Hoef nie GROOT te dink nie – fokus op plaaslike nood tov die natuur.
    • Skakel met bestaande plaaslike forums en netwerke van kundigheid om bewustheid te verhoog.
    • Plant bv inheems op die kerkterrein.
    • Reël uitstappies en lesings deur kenners.
    • NB: Laat omgewingsondag weer herleef.
    • Betrek boere se kundigheid omtrent die natuur.
    • Bewusmaking en die deurgee van feite baie belangrik.
    • Frederick Marais onderneem om ’n afdeling op Communitas se webwerf te laat maak waar bydraes tov die saak geplaas kan word.{jcomments on}