{ARGIEF}

HIerdie is ‘n opsomming van Prof Beverly Roberts Gaventa se lesing op – Dinsdag 19 Mei 2009 by die Handelinge konferensie

Inleiding
 Vir Lukas is God nie ’n karakter wat net soms opdaag nie. “Word of God” en “Plan of God” hang saam. Wat sê ons oor kerk en menslike agentskap?
 Kerk ontvang haar bestaan van God se intensie, eerder as van eie planne.
 God se handelinge omspan gebeure van kerk in Hand 2.
 In Hand is kerk “directed” & “corrected” deur God – vgl verhaal van Filippus en Eunug. Ananias ken vir Paulus. Soms neem gemeenskap & individue inisiatief. Kerk ontvang planne van God.
 Handelinge gaan nie oor enige menslike leier nie – ook nie oor Paulus nie. Lukas se verhaal oor Paulus, eerder as die Lukaanse Paulus.
 Briewe is ons primêre bron oor Paulus. Hoe moet ons dit hanteer? (Verhouding tussen Hand en Briewe).

Hoe vertel Lukas die verhaal oor Paulus?
 Metafoor van kunstenaar. Hoe stel kunstenaar die voorwerp aan ons bekend? Hoe vertel ons verhale oor ons gemeente? Watter storie sal ek vertel?
 Vraag: Watter volgorde skep Lukas as hy die verhaal oor Paulus vertel? Vervolger; Getuie; Pastor. Sy plek in God se sending.
 Saulus die vervolger van God se kerk. Beskryf slegs as ’n jongman – niks ander byvoeglike naamwoorde nie. Saulus tree die verhaal binne by Stefanus se dood in die konteks van groeiende weerstand.
 Van vervolger na verkondiger. Titel van vervolger bly dwarsdeur die verhaal by Paulus. Rol van vervolger kom terug in sy verdediging voor die mense (Hand 22 & 27).
 Luk 13: Vrou met gebrek, Jesus noem haar “dogter van Abraham”; ook Saggeus. Paulus se terugkeer van Damaskus – apostels kan nie glo hy het werklik verander nie. Filippus wat telkens teruggebring word in die verhaal. Sien ook voorstelling van Paulus & Barnabas. Mense verdwyn met die verloop van die verhaal.

Tema van weerstand teen God
 Luk-Hand dikwels gelees as triomfantelike kerk. Dit verontagsaam egter die weerstand-tema.
 Vervanging van Judas – vereistes gestel, nooit op Paulus toegepas. Nie tipies om na Paulus as apostel te verwys nie.
 Petrus se toepsraak op Pinkster: Jesus het opgestaan. Die gemeente is getuies daarvan. Paulus is nie langer vervolger maar getuie, al behou hy die etiket (Hand 9 tot einde; Matthew Skinner – Located Paul).
 Onderskei: teaching & preaching. (bold proclamation). Sluit die wonderbaarlike in. Getuienis in die vorm van konflik (Hand 13).
 
Paulus as pastor
Minder bekend is Lukas se voorstelling van Paulus as pastor. Wel te onderskei. Hoekom is die pastorale rol verwaarloos?
Bespreking van Hand 20 op “handout”. 21:17 – aankoms in Jerusalem; 21-26 – Verhoor. Tot op dié punt verskuif die klem na die gelowiges & die spanning verhoog. Draaipunt in die narratief.
Paulus berei die kerk voor vir sy afwesigheid. Lukas beskou die lewe van die gemeente as belangrik – sien klein detail. Spesifieke kwessies: (i) Funksie van die reisverhale: Lukas “knitting together” die diverse groepe; geografiese redes skei die groepe – die reise van Paulus wys dat hulle saam hoort, al kan hulle nie op een plek saamkom nie.
Hand 20:18 – Julle weet hoe ek onder julle opgetree het. Handelinge het besondere tekstuur. Tyd wat Paulus met gemeente spandeer (14:3, 28; 18:8; 19:8, 22). Gee tyd van geboorte van Johannes die Doper en van Jesus. Geen van die plekke wat genoem word, korreleer met openbare teenstand nie.

Paulus se afskeidsgesprek
 Laaste gesprek as vry persoon, maar nie voldoende beskrywing. Praat as iemand wat reeds gevangene van Christus is. Getuie van God se evangelie.
 Vers 28 verbind die gemeente se lewe aan die kruis van Christus. Uiteindelik gaan dit oor God en word dit beklemtoon. Meer as rou emosie. Nie slegs interpretasie van verlede nie, maar “securing” die toekoms. Vorm die toekoms deur te bou op die bronne van die verlede.

Verwysings na geld
 Hand 19; 5; 8; 25; 2; 10; 20. Lidia. Neem nie geld van ander. Dus: evangelie is ook oor geld, goedere en sorg.
 
Waar daag hierdie voorstelling ons verstaan van die evangelie uit?
 Tyd – sending neem tyd. Ons moet bereid wees om tyd aan belangrike sake af te staan. Verlede geinterpreteer om hede te verstaan en te leef. Wys na God wat deur hom werk & verseker die toekoms.
 God se handelinge in Christus ons eie optrede. Verlede om hongeriges te v