{ARGIEF}

Hoekom bid ons verskillend? ’n Kort uiteensetting van verskillende gebedstyle aan die hand van die MBTI-persoonlikheidsontleding.   –

Q E Heine

1. Inleidend

“Wie ons is – is hoe ons bid “ is ʼn kernagtige omskrywing van die tema van hierdie artikel. Ek sien gereeld hoe mense verhelder sodra die MBTI persoonlikheidsontleding, hulle eie persoonlike lewens gewoontes vir hulle verduidelik. Hulle verstaan hulself en ander mense beter. Ons kan dus aflei: Indien daar ʼn verskil in ons optrede is, omdat ons verskillende persoonlikheidstipes het, moet dit mos ʼn invloed hê op ons spiritualiteit! Hoe meer ek oor spiritualiteit en gebed lees, hoe besef ek hoe mense vanweë persoonlikheidsverskille duidelik verskillende aksente het. Dit kan dus gebeur dat ’n mens selfs God se stem nie kan hoor indien jy nie volgens jou persoonlikheidstipe, spiritueel verkeer nie. Dit is moontlik ook die rede waarom een tipe gebedspatroon vir een persoon sal werk. Dieselfde wyse sal die ander persoon nie aanspreek nie. Ons kan dus aflei dat nie een van ons regtig van die ander kan verwag om dieselfde te bid nie. Die tragiese is dat mense maklik mekaar etiketteer omdat almal nie soos hulle is nie.
ʼn Verskeidenheid van sake speel ’n rol in die ontwikkeling van ons spiritualiteit- die manier hoe jy voor God leef en wandel! Daar is die wyse hoe jy grootgeword het, die denominasie waarin jy die Here leer ken het, jou ouers, gesinstradisies, selfs jou skoolloopbaan. Dit alles en nog meer speel ’n rol om jou spiritualiteit te vorm- Maar jou basiese persoonlikheid (MBTI) het ’n dominante invloed op jou spirituele belewenis – selfs al is jy nie altyd daarvan bewus nie.
Die Amerikaanse motiverings-stelling dat jy enigiets kan doen as jy net wil is ʼn foefie. Jy kan nie enigiets doen nie, want jy het nie vir alles talente of persoonlikheid nie. So stelling plaas net onnodige druk op mense en gee hulle later ’n kompleks. Ek het al meermale gesien hoe mense met groot verwagting en entoesiasme die Here begin dien het. Hulle het hulself aangemeld vir ’n diens- beroep soos verpleging of onderwys, omdat hulle glo dat hulle geroepe is, net om op ʼn stadium te besef dat dit is nie vir hulle nie. Soms kan dit ’n tekort aan deursettingsvermoë wees en die Here kan jou mos roep vir ʼn saak maak nie saak watter persoonlikheidstipe jy is nie. Tog is baie mense se geestelike mislukkings nie altyd hulle skuld nie, maar dalk net omdat hulle spirituele belewenis nie kongruent is met hulle persoonlike behoeftes en persoonlikheid nie!
Robert Frost het gesê dat te veel mense soms die verkeerde spirituele pad kies (of wat vir hulle gekies word) wat nie ooreenstem met hulle basie persoonlikheid voorkeure nie! Die gevolg is dat hulle sukkel om geestelik te groei en selfs te bid! Hy stel dit: “ We are driving square pegs into round holes” Dit is soos ’n filosoof wat ʼn lewe met handewerk probeer maak. Hy mag ’n lewe daarmee maak, maar hy gaan nie gelukkig wees nie – en heel moontlik nie baie goed wees waarmee hy doen nie. Die Here het ons nie almal dieselfde gemaak nie -As jy nie talent vir ’n saak het en dit nie by jou persoonlikheid pas nie, kan jy vir jare baie energie op ʼn saak gebruik. Jy gaan nie suksesvol wees of geestelik daardeur groei nie. Die kans is dan goed dat jy eerder in latere jare, jouself sal verwyt oor jare se mors van kosbare energie en tyd, omdat jy nie jou uniekheid besef en uitgeleef het nie. Verskillende mense met verskillende persoonlikhede en verskillende spiritualiteitstyle, dien almal die Here verskillend!
Ons verskil veral op drie vlakke 1. Jou persoonlikheid tipe (waarmee jy hoofsaaklik gebore is) 2. Jou talente en gawes (waarmee jy ook gebore i) 3. Jou spiritualiteitstipe waar jou ontwikkeling en grootword ʼn groter rol speel. Al drie sake het ’n definitiewe invloed hoe jy bid en hoe jy voor die Here leef. Ek gaan vandag oor die eerste saak: jou persoonlikheid ’n paar sake uitlig aan die hand van die MBTI persoonlikheidsontleding. Aan die einde gaan ek wel die MBTI en die verskillende spiritualiteitstipes  (soos deur Corinne Ware uiteengesit) mekaar laat ontmoet.
MBTI
Ons moet wegkom van die gesindheid dat ons almal op dieselfde manier die Here aanbid. Hoe jy dus leef voor die Here, is ook vir God belangrik, want dit is tog Hy wat jou met jou sekere persoonlikheid gemaak het! Jy kan tog nie jou geskepte persoonlikheid onderdruk en in iets indwing nie, want dit is om die skepping van God te misken! Een van die MBTI se beginsels is Nie- BLM Jy mag nie sê almal moet soos jy wees nie. Terselfdertyd mag jy ook nie veralgemeen nie en mense etikette plaas nie, want die krag van MBTI is juis daarin geleë dat dit ’n voorkeurskaal is – Jy kies waarin jy die gemaklikste is. Vêrder is dit ook dat alle persoonlikhede in eie reg korrek is. God is ʼn God van genade. Daar is nie swak of gebrekkige persoonlikhede is nie, maar slegs verskillende persoonlikhede. Verskillende persoonlikhede vra verskillende spiritualiteite!
MBTI berus op twee breë sake. Die een is die 8 basiese voorkeur kenmerke en die tweede is as dit gekombineer word in 16 basies persoonlikheid tipes.
Met hierdie sessie het ek ’n keuse gemaak om by die 8 persoonlikheidskenmerke stil te staan en hulle spirituele belewing uit te lig. Ek doen dit hoofsaaklik as gevolg van die volgende redes:Eerstens omdat min van ons nie iets van alle 8 kenmerke in ons het nie. Dit is baie min dat jy niks van een van die 8 kenmerke in jou het nie. Jy het wel meer van die een en dit is wat van jou uniek maak, maar tog iets van alles. Op die manier gaan jy jou uniekheid beter herken. Die tweede rede:Omdat ons dit nodig het om soms die minder gunstige kenmerke geestelik te ontwikkel as ons enigsins geestelik wil groei. Sodoende ander se spirituele kenmerke beter verstaan! Derde rede: Ek wil hê dit moet vir almal heeltyd interessant wees en nie net as jou persoonlikheidstipe aan die beurt kom nie.

2. Gebed en Spiritualiteit van verskillende MBTI Persoonlikhede

Ek begin met die vier onderskeidende kenmerke nl. S/N/F/T. Dit is die vier kenmerke wat bepalend is vir ons geestelike groei. Dit is die vier kenmerke wat die wyse aantoon waarop ons inligting inneem (S /N) en die inligting verwerk (F /T).

SENSE (S) Praktiese bidders

Sensors (Sintuiglike) is in getalle baie meer as die N(intuïtiewe). Hulle neem inligting in deur hulle sintuie. Hulle bewustheid van die wêreld en hulle spirituele dimensie is afkomstig van wat hulle waarneem deur hulle sintuie. Hulle visuele waarneming van die natuur of kerklike omgewing is dus belangrik. Die musiek wat hulle hoor moet hulle aanspreek. Die hier en nou is vir hulle spiritualiteit nb. Sensors persoonlikhede is so in direkte en onmiddellike kontak met hulle omgewing (hulle sien, hoor, ruik, voel dit). Sodra die omgewing wat hulle waarneem hulle dus nie aanspreek is dit nie bevorderlik vir hulle geestelike lewe nie. Hulle sal dus die mins moontlike tyd daar wil spandeer. Dit kan keer dat hulle geestelik groei of bid. Die omgewing moet hulle sintuie aanspreek (dit kan mos verskil volgens persoonlike smaak).
Ek lees die interessante dat die meeste Sensors baie bewus is van hulle waarneembare fisiese liggame So wanneer iemand ʼn meditatiewe gebed begin met liggaamlike ontspanning, sal hulle die meeste baat vind daarby as die N (intuïtiewe). Die S reageer maklik op- dit wat hy sien en ervaar aan sy liggaam, terwyl die N totaal anders dink. Vir die N spreek so oefening van liggaamlike ontspanning nie werklik aan nie. Hy wil meer sy denke ontspan.
S hou van sistematiese benadering – daarom sal sistematies deur Bybel werk (meer as wat N dit sal regkry). Hulle is verder nie baie opgewonde oor toekomstige moontlikhede nie en die N kan maklik moedeloos raak met hulle. Hulle soek gewoonlik hoofsaaklik die huidige realiteit raak. Metodiek of ʼn stapsgewysde benadering is vir die S aanvaarbaar in sy geestelike groei.
• SF(ISFP/ISFJ/ESFP/ESFJ): Die omgewing waarin hulle geestelik groei is gewoonlik binne ’n ordelike (goed georganiseerde) instelling of gemeente. Hulle wil ervaar dat die nood van mense aangespreek word. Hulle sal maklik tuis wees by ʼn kontemplatiewe instelling. Vanweë hulle F gevoelskomponent, is mense se persoonlike behoeftes van primêre belang in hulle gebedslewe (voorbidding).
• ST(ISTP/ISTJ/ESTP/ESTJ) Hulle groei geestelik indien die konkrete realiteit belangrik geag word. Daar moet iets prakties gebeur. Rasionele denke dra ook by tot hulle geestelike groei. Hulle geestelike groei is meestal deur praktiese beoefening van godsdiens. Gebed om geestelike groei (rasioneel) kry baie aandag.

Intuïtief (N) Hoopvolle Bidders

Hulle neem informasie in deur denke / sesde sintuig – intuïtief aanvoeling. Hulle is baie toekoms gerig en baie bewus van verskeie moontlikhede. Hulle is altyd besig om te hoop en te strewe vir ’n beter bedeling. Wil altyd alles verander of verbeter. Hulle is bewus van die groter prentjie. Teologies is hulle meer aangespreek deur ʼn teologie wat met God as heerser werk (groter prentjie)
Hulle trek die meeste voordeel uit ’n spiritualiteit wat met moontlikhede werk. Hulle geniet die perspektiewe wat die mistieke spiritualiteit na vore bring. Soms floreer hulle geestelike lewe deur refleksie /nadenke en die soeke na betekenis in die daaglikse aktiwiteite. ’n Hoë voorkeur N is tuis by die mistieke spiritualiteitstipe.
Hulle dink die meeste van die tyd aan teveel dinge tegelyk. Dit beïnvloed hulle gebedslewe. Waar ʼn S makliker fokus op een saak want hy kan dit in gedagtes sien, sien die N heeltyd verskeie moontlikhede raak en as hy nie baie konsentreer nie kan sy gedagtes in gebed baie dwaal.
N dink nie dit is nodig om ʼn spesifieke tyd te hê om te bid nie. Hoewel hulle van tyd tot tyd maklik vir ’n wegbreekgeleentheid (soos retraite) voorsiening sal maak om spiritueel te verkeer. Die tipiese nadeel van N is dat hulle soveel dinge ondersoek dat hulle nie altyd tot die doen kom nie. Dit geld ook vir gebedslewe. Hulle kan aan soveel moontlikhede dink dat hulle nie aan bid kom nie.
Hulle bid gewoonlik makliker in die alg as spesifiek. Indien hulle versoek word om vir ʼn spesifieke kind wat siek is te bid, kan maklik oorgaan tot ʼn gebed vir alle siek kinders.
N het baie die behoefte om hulle gedagtes en geestelike insigte met ander te deel, om sodoende nuwe insigte te bekom. Geestelike rituele is vir die N nie voldoende vir geestelike groei nie. Hy wil aan meer moontlikhede dink.
• NF(INFP/INFJ/ENFP/ENFJ) maak die meeste geestelike vordering in ʼn holistiese spiritualiteit, waar die totale mens (as persoon) betrokke is. Hulle spiritualiteit kan soms ’n digterlike en kunstige dimensie hê wat nie altyd deur die institusionele godsdiens waardeer word nie.
• NT(INTP/INTJ/ENTP/ENTJ) Hulle ondek geestelike vordering gewoonlik in ’n teologiese oriëntasie. Geestelike gesprekke ontaard maklik in teologiese debatte. Hulle voel tuis in `ʼn spirituele omstandighede waar “rede” en orde die basis vorm vir geestelike nadenke. Hulle is toegerus om verskeie geestelike kwessies goed te deurdink en te debatteer.

F (Gevoels Persoonlikheid) Gevoelvolle Bidders

Dit is mense wat waardegedrewe is (T is beginselgedrewe) in hulle spiritualiteit. Jy kan maar kyk dat die gevoelsmense onder ons geweldig klem lê op waardes, die T doen dit ook, maar hulle val van nature weer telkens terug na beginsels. (Waardes = goed/sleg; Beginsels= reg/verkeerd)
F mense leef volgens hulle gevoelens. Hulle mag dalk vir ander onlogies wees, maar hulle is gemaklik moet hulle gevoelslewe. Gevoelsmense het sterk emosionele belewing nodig om geestelik te groei. Leerstelligheid en moraliteitskwessies is nie vir hulle voldoende nie. Hulle wil die ervaring hê dat hulle as volle mens aandag ontvang. Hulle sal moeilik hulself aan ʼn gemeente toewy wat nie vir hulle belewingsbehoefte aan warmte en ervaring voorsiening maak nie. Hulle sal dit soms tydelik doen uit lojaliteit vir ʼn gemeente of persone. Hulle het belewing nodig vir geestelike groei. Hulle is gewoonlik die eerstes wat gekrenk voel deur skandes van geestelikes of sogenaamde liefdelose besluite van die kerk. Die behandeling van mense is vir hulle ongelooflik belangrik. So indien ʼn mens deur die kerk volgens beginsels weggewys word sal ʼn F daarteen rebelleer, want die waarde van liefde tel vir hom meer, al was die ou verkeerd. Rede en logika het nie naastenby soveel gewig in argumente as gevoelens en verhoudinge nie.
SF kan ʼn institusionele spiritualiteit ontwikkel omdat hulle dink dit sal vir ander baie beteken(lojaliteit).
NF het groter behoefte aan persoonlike aanvaarding en waardering van die gemeente en ander om geestelik te groei.
Vir F is “commitment ” tot gemeente baie belangrik
• NF (INFP/INFJ/ENFP/ENFJ) word makliker aangetrek deur spiritualiteit wat met universeel aanvaarde waardes funksioneer. Hulle is gewoonlik dromers, word opgewonde oor moontlikhede van persoonlike of gemeentelike geestelike groei. Hulle is mens georiënteerd en sien die makliker die moontlikhede van ander mense raak.
• SF (ISFP/ISFJ/ESFP/ESFJ) vind hulle geestelike tuiste in ’n instelling (kerk) of in ʼn sosiale aktiewe spiritualiteit. Is baie lojaal aan gemeente en geniet veral die interaksie met ander mense in die gemeente. SFJ verkies die instellings en SFP verkies ‘n sosiale aktiewe spiritualiteit.

 

Thinking (T) Redelike (rasionele) Bidder

T verkies ʼn spiritualiteit wat die rede en logika aanspreek. Hulle geniet die kompleksiteit van denkpatrone wat vir F nutteloos blyk te wees. T soek God in die diep denke wat die mens van ander skepsele onderskei. Hulle is baie rasionele mense en spirituele denkers. Hulle het egter nie ’n aanvoeling vir geestelike denke wat nie logies of redelik is nie. Gedigte is bv. nie hulle gunsteling tydverdryf nie. Hulle vind teologiese denke en debatte meer bevredigend. Hulle probeer verstaan wat hulle glo. Hulle verkies ʼn orderlike en logiese benadering om oor God te dink. Hulle ontwikkel gewoonlik ʼn basis van logiese beginsels om God te dien. Hulle het egter ʼn baie sterk geloof nodig om te glo wat nie met rede verstaan kan word nie.
T = gewoonlik ʼn (Tough) ontoegeeflike spiritualiteit – veral as dit oor reg en verkeerd loop. Hulle is van mening dat jy hartseer en pyn vermy, maar jy kan nie die waarheid vermy nie (F dink andersom Waarheid sou self verdoesel kon word -iemand moet net nie seerkry).
T word geweldig uitgedaag om te glo wat hulle nie altyd logies kan verduidelik nie. Hulle kan egter baie goede spirituele bevrediging kry deur na te dink aan die geestelike behoeftes van hulle tyd. Om na te dink oor iets is reeds vir hulle `ʼn baie realistiese spirituele oefening.
• NT (INTJ/INTP/ENTP/ENTJ) Hulle vind hulle geestelik groei in die mistieke tradisie wat denke, rede en moontlikhede bevorder. Hulle soek spirituele groei nie in die hier en nou nie, maar in die moontlikhede wat die toekoms vir hulle bied. Indien die T sterker voorkeur as die N is, sal hulle hou van ʼn geordende spiritualiteit. Indien die N groter voorkeur as T bied, sal orde nie so sterk by hulle funksioneer nie en sal hulle ’n groter geneigdheid tot die mistieke hê.
• ST(ISTJ/ISTP/ESTP/ESTJ): Hulle word weer aangetrek na die praktiese, aksie georiënteerde spiritualiteit. Hulle het ook spesifieke tye vir gebed nodig om geestelik te groei, maar sukkel om die aktiwiteit as bloot gebed te sien. Indien die S dominant bo T is, sal hulle spirituele tuiste in die psalms vind. Indien die T weer bokant die S dominant is, sal hulle geestelike lewe deur ’n meer denkende aktiwiteit as prakties vervang word is

Die I en E; J en P verskaf die raamwerk waarin die persoonlikhede funksioneer en waarin die ander 4 eienskappe tot hulle reg moet kom. Daarom sal die volgende 4 bietjie anders hanteer word.

Judging (J)                 Geordende Gebed

J persoonlikhede hou daarvan dat sake uitgesorteer is en hou nie van onsekerhede nie. Hulle sal selfs onsekere geestelike sake uitstel totdat daar duidelikheid is.
• FJ word gewoonlik aangetrek na institusionele spiritualiteit. Hulle is gewoonlik baie lojaal aan die kerk/gemeente Hulle het ʼn behoort gevoel tot die gemeente en geniet die dissipline of riglyne van die gemeente. Hulle groei geestelike binne die gemeente. Persoonlike groei gaan afhang van die waardes waarmee hulle hulself mee kan identifiseer.
• TJ: is baie meer krities en indiwidualisties. Hulle ontvang geestelike groei in ʼn instelling/gemeente slegs wanneer hulle goed daaroor gedink het en dit ondersoek het. Indien nie, sal hulle maklik ʼn ander spirituele voertuig kies. Hulle is egter altyd analities oor hulle rol in ʼn gemeente. Hulle is geneig om hulle eie geestelike groei na te jaag, selfs al is hulle binne ʼn gemeente. Soms het hulle die behoefte om God in hulle geestelike aktiwiteite op te soek.
• NJ: Hulle is geneig om verskeie moontlikhede te soek wat ordelik funksioneer.
• SJ kry hulle geestelike groei in “rule of life” waar daar duidelike verantwoordelikhede uitgespel is. Die klooster tipe leefstyl kan dalk vir ʼn paar van hulle aantrek. Om God in die natuur en daaglikse werk raak te sien is vir die SJ ʼn natuurlike proses. Orde is vir hulle belangrik in hulle geestelike groei.

P- Perveiving         Geleefde Gebed

Perceivers gaan deur die lewe sonder die behoefte om dit te kontroleer. Hulle is oop vir dinge om met hulle te gebeur. Hulle verkies nie ʼn gedetailleerde gebedslewe nie. Baie van hulle vind God in ander plekke as wat ander persoonlikheidstipes. P se spiritualiteit kan soms verwarrend wees omdat hulle ʼn oop gemoed het vir verskillende paaie na geestelike groei. Hulle is geneig om risiko te neem in hulle geestelike lewe. Van al die tipes is hulle die een wat die meeste gemaklik met ’n verskeidenheid van spiritualiteit style.
• NP sal die meeste geestelike bevrediging in mistieke styl vind, Hulle het dit nodig om op verskillende moontlikhede te fokus. Die mistieke lewenstyl het ʼn groot appèl op hulle.
• SP  Hulle word eintlik meer deur die T of F beheer as deur die S. Hulle het detail nodig om te funksioneer. Die T soek detail wat logies, intellektueel en teologies is. F soek detail oor mense/ervarings. Definitiewe besluite is egter nie nodig nie.

 

EKSTROVERT EN INTROVERT

Die moeilikste een is mos om ʼn tipering te maak rondom Introverte en Ekstroverte. Die twee voorkeure het te doen met waar jy jou energie kry en hoe jy jouself in die samelewing laat geld. Dit het te doen met hoe jy jouself aan die samelewing openbaar en laat ken!

Introvert:   Die Na -Binne Gebed

Dit is die moeilikste om oor die spiritualiteit van Introverte te praat. Introverte moet baie geduld met hulself hê, want dit kan maklik gebeur dat hulle ʼn tipe spiritualiteit probeer leef waarin hulle onvervuld kan wees. Miskien omdat die druk van die Ekstroverte wêreld waarin ons leef baie appèl op hulle plaas! Die I se spiritualiteit is gewoonlik nie dit wat almal van hom/haar verwag nie, want hulle laat hulle nie maklik ken nie. Hulle moet dus tyd in beslag neem en seker maak van wie hulle is, want die druk van buite kan hulle maklik gewoontes laat aanleer wat nie eie aan hulle is nie. Hulle moet nie net op sigwaarde inspring en dink dit is waar hulle groei lê nie. Hulle is moeilik kenbaar deur die samelewing, maar dikwels ook moeilik kenbaar vir hulleself. Soms ontdek ʼn hoë voorkeur introvert eers later in sy lewe waar sy geestelike krag is. Onthou 8 van die 16 persoonlikhede is Introverte. Hulle moet hulleself baie goed leer ken, want ’n oorhaastigheid en oorgretigheid om spirituele groei te hê kan maak dat hulle hul eie behoeftes miskyk!
Introverte aanvaar maklik die tradisionele patrone van gebed wat hulle deur oorlewering gekry het. In soek God binne in hom, hulle onderneem ʼn innerlike geestelike reis. Dit wil soms voorkom dat die meeste geestelike boeke oor spiritualiteit gewoonlik deur Introverte geskryf is. Hulle verkies ook persoonlike gebed. Michael Goldsmith is van mening dat die tradisionele tipe kerkwees (hooflyn kerke) se grondslag hoofsaaklik deur introverte ontwikkel is. Veral waar dit oor persoonlike gebed, en liturgieë en stille gebruike in die kerk gaan. Vroeë Geloofsvaders was grootliks introverte! Terwyl die moderne kerk met sy korporatiewe, gesamentlike gebed, kleingroepe, ekspressiewe manier van aanbid, weer ʼn beweging van die ekstroverte is.
• IS: (ISFJ/ ISTJ)- Hulle primêre spirituele groei sal plaasvind: in die natuur, onmiddellike realiteit, vriendelike instellings wat hulle sintuiglike behoeftes bevredig.
ISTJ is die mees private van die tipes. Hulle het behoefte aan gestrukturele gebed, op ’n gunsteling tyd. Hulle hou nie van abstrakte meditasies nie.
ISFJ het weer die mees sosiale verantwoordelikheid teenoor ander van alle tipes. Baie lojale mense. Hulle hou weer van stille en private gebed op hulle eie.
• IN(INFJ/INTJ)- is gemaklik met ’n gevoels of denkende spiritualiteit. Hulle sal die meeste ingestel op geestelike groei juis deur die gebedslewe.
INTJ se gebed sal ingestel wees op denke en bid gewoonlik baie onafhanklik op hul eie. Hulle hou nie van groepe nie- veral nie waar emosies uitgedruk word nie.
INFJ hou ook van stiltes, simbole van gebed beïndruk hulle. Hulle het ook meer ʼn patroon nodig.
• IF (ISFP/INFP): hulle word die die meeste beïnvloed deur hulle emosies en gevoelspiritualiteit. SF sal dit in ’n instelling (kerk of gemeente) vind, terwyl die NF weer maklikker groei sal vind in die breë gemeenskap en gemeenskapsontwikkeling(bv. Samelewingsdiens).
INFP – Natuurlike “Mistici” Stilgebed wat ʼn sterk ervaring van God soek.
ISFP Het sterk gevoel oor God en oor persoonlike verhouding met die Here. Musiek en kuns speel groot rol.
• IT (ISTP/INTP): groei weer as daar `ʼn teologiese komponent teenwoordig is. ST soek praktiese sake en aktiwiteite vir geestelike groei, terwyl NT die beste geestelik groei d.m.v. Gebed, refleksie, die spirituele dialoog.
ISTP Gebed fokus op praktiese en dink graag daaroor. Ervaar dit moeilik om gevoelens in gebed te wys. Hulle hou daarvan oor God om na te dink.
INTP – Gebed begin spontaan met bewustheid van die misterie van die lewe. Hulle baie begaan oor waarheid, reg en geregtigheid en beleef dit intens indien daar nie geregtigheid geskied nie.

 

Ekstrovert (E)   Die Oop en Na Buite  Gebed

Ekstroverte soek God in die wêreld rondom hulle en soek mense wat energie kry met die dinge wat in die wêreld rondom hulle gebeur. Hulle ondek maklik die spiritualiteit wat hulle geestelik laat groei. Hulle definieer hulleself duideliker en makliker en so ook die samelewing weet duideliker waar hulle krag is. Tog is dit steeds belangrik dat hulle hulself moet goed leer ken! Ekstroverte ervaar dat hulle moeilik bid, veral as hulle moet bid soos ander mense. Hulle bid moeilik tradisionele gebed, omdat tradisionele gebede en formuliere gerig is op innerlike spiritualiteit.
• ES(ESTP/ESFP) kan geestelik groei binne ʼn religieuse gemeenskap- as die gemeentskap hulle aanspreek. ST wil graag organisatories en duidelike leiding hê, terwyl SF weer `ʼn spesifieke mens en verhoudings -oriëntasie nodig het. ST wil ervaar hulle dra by tot die organisasie en rigting van die gemeente, terwyl SF wil weet dat hulle bydrae lewer tot die nood van ander mense in die gemeente.
ESTP- Gebed moet prakties en aksie georiënteerd wees. Hulle bid soos hulle besig raak met werk van Here. Sukkel om in formele gebedstye te bid.
ESFP Begin gebed deur na natuur te verwys en lofprysing oor die ontstaan daarvan. Bid maklikker saam met mense as alleen. Hou nie van tradisionele gebedsformulier nie. Hy wil prakties vir die nood van mense bid.
• EN(ENTP/ENFP) Hulle sal die beste geestelik groei in ʼn klimaat van spirituele diens aan ander, veral as hulle betrokkenheid kan lei tot geestelike groei en ontwikkeling van ander mense.
ENTP – Gebed begin deur te dink en bid dan in logiese manier. Hulle loof Here in die simboliese of deur metafore. Hulle hou daarvan om oor geestelike biografieë te lees
ENFP- Hulle bid beste in groepe of in buitelig. Hulle verkies ook verskeidenheid en hou nie van ʼn gereelde tyd en plek van gebed nie. Stilgebed is gewoonlik vir hulle moeilik.
• EF.(ENFJ/ESFJ) Hulle sal moontlik die beste geestelik groei waar die menslike nood die hoogste is. Hulle het nodig om te voel dat die volle mens belangrik is in hulle spirituele lewe, nie net sy innerlike wêreld nie.
ENFJ – Begin hulle gebed deur vir ander te bid. Dit is vir hulle maklik om `ʼn dissipline en toegewydheid rondom gebed te hê Hulle bid vanuit hart en druk hulle passie vir God duidelik uit.
ESFJ -Hulle hou van orde in gebed en hou van voorbidding vir ander mense. Hulle hou daarvan om in groepe, veral groepe wat hulle ervarings deel en tentoonstel.
• ET(ENTJ/ESTJ) Hulle groei geestelik die beste as daar ’n teologiese oriëntasie teenwoordig is en ’n orderlike spiritualiteit teenwoordig is. NT het ’n raamwerk nodig waar hulle met ideë kan speel terwyl ST weer sekere definitiewe spirituele besluite wil neem.
ENTJ Gebed is baie gestruktureerd en logies, ontwikkel later in geestelike lewe `ʼn sterk gevoel (feeling) teenoor God, waar in begin baie rasioneel is. Hulle soek toenadering tot God deur hulle denke. Mediteer deur te fokus op kennis en ontleding daarvan, Hou daarvan om saam met ander te bid.
ESTJ- Gebed maak net sin indien dit prakties en doel georiënteerd is. Gebede gestruktureerd en logies.

Kyk na die integrasie van MBTI en Corinne Ware se 4 tipes.

Dit is belangrik om daarop te let dat jou geestelike groei afhanklik is van jou verstaan van jou spesifieke persoonlikheid. Elke persoon het egter ook ʼn ander spiritualiteitstipe. Jou spiritualiteitstipe moet geïntegreerd saam met jou persoonlikheidtipe gelees word, anders gaan jy nie werklik groei nie. Patric Comerford het die volgende voorstelling hiervan gemaak. (vertoon powerpoint).

 

 

 

Vir die wat verder wil lees:

C Keating,     Who we are is how we pray-   
R Johnson ,   Your personality and the spiritual Life- 
M Goldsmith ,   Knowing Me. Knowing God –  
J Ackerman,     Finding Your Way   
Urban T. Holmes,   A History of Christian Spirituality: An Analytical Introduction
Urban T. Holmes,   Spirituality for Ministry
CPMichael &MC Norrisey,   Prayer and Temperament: Different Prayer Forms for Different
Personality Types
Corinne Ware,    Discover Your Spiritual Type: a guide to congregational growth