{ARGIEF}

‘n Getuienis.
1. Ons as leraars staan in ‘n baie emosionele bediening. Om met mense elke dag te werk en te bedien vrae baie en is baie emosioneel dreinerend.  Tog is dit baie dieselfde emosies wat die dissipels beleef het toe Jesus vir hulle sê om die mense te voed wat saam met hulle was. Matt.14:13-21. Die verantwoordelikheid, verslaendheid, hulpeloosheid, verbasing en vervult. Elke leraar verwerk hierdie emosies anders en soms raak jy net afgestomp en gaan voort as ‘n boodskapper en verteenwoordiger sonder enige emosionele belewing. Ons verhouding met ons kollegas tap ook energie en daarom hanteer ons mekaar klinies. Hoe kan my verhouding met my kollegas my energeer en nie my energie tap nie ?
2. Ons beleef in ons verhouding met ons kollegas nie net die teenwoordigheid van God nie maar ook die opgewondenheid van ons roeping. My verhouding met my kollegas is nie net om saam te werk nie maar:
a. Die nederige soeke na God se wil in my en deur my.
b. Die bevestiging van my roeping in Sy gemeente saam met Sy dienaars.
c. Die saamgroei in Christus tot ware getuie vir Sy gemeente en gemeenskap.
• Dit vrae ‘n oop, eerlike en nederige verhouding voor God en mekaar om blaamloos te luister en toe te laat dat Christus deur my kollegas ook vir my vorm.
• Dus staan ons in die eerste plek voor God en nie voor mekaar nie, maar ons staan saam in nederigheid voor God om nie net God se stem te hoor vir my bediening nie maar ook vir my kollega se bediening. Ek weet waar staan my kollega in die lewe. Ek het ‘n geestelike vertroue in my kollegas want ek weet hulle staan langs my op hul knieë voor God.
3. Die gee van baba treetjies.
a. Weeklikse 120 min geestelike kuier.
i. Kort navrae oor geestelike aktiwiteite – getuienisse.
ii. Eerlike kuier by ons Herder. Dit is of ‘n bybelgedeelte of ‘n geestelike boek(Caring for yourself while leading the people, Celebration of dissipline:Foster, Die verskillende spiritualiteite en die belydenis skrifte, die gawes van die Gees en die werking van die Gees ens.)
iii. “Accountability” Praat oor eie stiltetyd, verhoudings in huis, finansies, bediening en gesondheid.
iv. Nederige soeke na die wil van God in gebed. Mat18:18-20
b. Maandelikse retrait
i. “n Oggend van alleenwees met God ,Sy Woord, op die duine van Waenhuiskrans.
ii. Deel met mekaar wat elkeen se belewing is.
c. Beplanning van reekse.
i. Doen al die beplanning van ons reekse in die liturgiese jaar saam deur afsondering, Woord en gebed.  
4. Joh.13:34+35 – “ As julle mekaar liefhet sal almal weet dat julle dissipels van My is.”