{ARGIEF}

 

Omdat mense meer geld ontvang deur hul regerings-toelaes, is ons besig om ’n generasie te skep wat nie wil werk nie!Die kerk se betrokkenheid by die onderwys is ’n natuurlike platvorm waar armoede aangespreek kan word. Selfs al kan ek net EEN mens se lewe aanraak en help om te oorleef, het ek ’n verskil gemaak.

Gemeentes moet oplet WAAR die Here reeds werk deur individue of instansies, en met hule netwerk. As gemeentes betrokke raak, kan hulle sorg dat hulpbronne verantwoordelik aangewend word, en nie in verkeerde mense se hande beland nie.

Die kerk se profetiese rol moet nooi geringskat word nie. Die armoede-probleem het politiese raakpunte, en die regering moet aangespreek word oor sake soos “all pay”, korrupsie en maklike skuldmaak-besighede [soos cash-loans], kindrtoelaes.ens

Die vigs-bediening moet deel wees van die Armoede-bediening.

PRAKTIESE OPLOSSINGS :

[ 1 ] ’n Groen-projek: Stop Bedelary/Dink Groen Werkskeppingsprogram (www.antibegging.co.za)waar gemeentelede ’n kaartjie vir R5 koop om aan bedelaars te gee. Die kaartjie word geneem na die Projek wat R2 vat om die organisasie te laat voortgaan. R3 se kos word aan die bedelaar gegee nadat hy daarvoor gewerk deur herwonne koerantpapier in bolletjies te rol. Met die bolletjies word vuuraanstekers gemaak wat weer verkoop word!
Kontak: Elma du Plessis 082 537 8316 info@antibegging.co.za of John Fourie  021 853 6714

[ 2 ] SCEP [Schoemanshoek Community Enhancement Project] se werk is tydens die tweede sitting van hierdie groep bespreek. Kleuterskole van die plaasgemeenskappe word geborg deur Die Burger, ABSA en Regerings Instansies. Die Kleuters word voorsien van mediese dienste soos tandheelkundiges, pastorale hulp, rekenaars en ’n biblioteek.
Kontak : Hennie Pretorius: 044 272 0031; 072 437 2602
   lalapanzi@telkomsa.net  
 
[ 3 ] Sien video-insetsel van mnr. Piet Lodder ivm die Landbou Betrokkenheid by armoede op Communitas se webblad.