{ARGIEF}

SWARTBERG  INDABA TERUGVOER VAN TEMAS :
“WAAROM LOOP KERKVERLATERS?”

Sekere vrae is gestel soos :
• Waarom is dit juis die jonger, meer welgesteldes wat die NGK verlaat?
• Is dit reg dat gemeentes en gesinne verskeur word deur kerke?
• Wat kan die NGK dan ANDERS doen dat lidmate nie WIL weggaan nie?

Sekere antwoorde is verskaf :

1] Konflik tussen persone laat mense aanbeweeg
2] Wil GOD op ’n ander manier beleef ; ander spiritualiteite bevredig meer.
3] Rondreisende predikersse teologie en spiritualiteit laat mense weggaan.
4] Doop en gawe-bedieninge laat mense loop.
5] Lojaliteit teenoor jo kerk is minder belangrik vir jonger generasie.

Sekere antwoorde is deur ’n jong kerkverlater SELF verskaf :

6] Die manier waarop haar kinders verwelkom is, en vry in kerkdiens mag rondbeweeg, is bevrydend.
7] Die belewing van die HG, en die vrywees van die Wet, was wonderlike ervaring.
8] Mense ontdek hul gawes en kan dit uitleef [ bv. om te mag profeteer in erediens ]
9] NGK leraars is vasgevang in strukture en lidmaat-eise/ verwagtinge
10] 1 Thess 2 Prediking mag nie berus op dwaling, eie eer soek, selfsug nie.Gaan tog net aan met die REGT dinge; moenie almal probeer tevredestel nie! Kyk ’n slag krities na strukture en verander ’n slag indien nodig.
11] NGK se liturgie is so voorspelbaar, en jarelank al dieselfde! Veskillende spiritualiteite maak afwisseling moeilik
12] Kleiner gemeentes het intiemer verhoudings.
13] Mense het behoefte aan deelname in eredienste.

TER SAMEVATTING HET ONS GELEER :

Mense wat uit beweeg is die onbetaalde rekening van die kerk.
Die HERE is ook hierdeur met die kerk besig. Wat kan ons leer?
Selfondersoek – IS daar wel in ons gemeente ruimte vir almal?
Luister na GOD en nie soseer na lidmate se eise nie.
Gee erediens en bediening terug aan die lidmate.
Interaktiewe versorging van mekaar sal mense “hou”
Verhoudings is NB