{ARGIEF}

18 – 19 Augustus teen die Swartberge

Dit is nie ’n kursus nie.  Dis nie ’n konferensie nie. Dis ook nie lesings nie. Dis ….. ’n Indaba! Presies dit: Om as lidmate, dominees en gemeentes mekaar te help met dit waarmee die Hoof van die Kerk elkeen geseën het. Ons glo dat ons baie vir mekaar kan beteken en dat almal gawes op verskillende terreine ontvang het om mekaar en die Koninkryk tot diens te kan wees.

Navrae en inskrywings: Gerrit van Schalwyk, Posbus 82, Oudtshoorn, 6620. Tel: 044-2791679 of 0828782954.  E-pos: gvs74@xsinet.co.za

Hoe?

Ons gaan om tafel (en ’n vuur!) gesels teen die hange van die (wit!) Swartberge, waarmee ons sukkel en hulp nodig het en waarmee ons mekaar kan help, wat die Here gebruik in gemeentes en tot seën is.

Woorde wat ons gaan hoor is:

  • Hoe doen julle….?
  • Hoe dink julle oor…?
  • Wat maak julle as ….?
  • Wat gebruik julle vir ….?
  • Ons kan getuig dat ….. vir ons baie beteken en werk!
  • Ons gebruik ….. en help ons baie.

Ons gaan saampraat oor:

  • Verskillende spiritualiteite
  • Dissipelskap
  • Pastorale begeleiding/ Krisishantering
  • Musiekbediening
  • Doop
  • Gawes van die Gees
  • Moraliteit – misbruik van drank/ dwelmmidels en seks
  • Die huwelik in die stormsee
  • Die Moontlikhede van Simboliek in die gemeente
  • Hoekom loop ons? (Kerkverlaters uit die NG Kerk)
  • Vrouelidmate in gemeenteverband
  • Soos aangevra op konferensie

Verblyf is by die prys ingesluit.  R100 vir een dag en R150 vir albei dae. Die eerste aand gaan ons
luister na stoepstories van André Boezak en Poem Mooney van KKNK-faam om ’n potjie.

Navrae en inskrywings:

Gerrit van Schalwyk, Posbus 82, Oudtshoorn, 6620.
Tel: 044-2791679 of 0828782954.
E-pos: gvs74@xsinet.co.za