{ARGIEF}

Die Swartberg Indaba het hierdie week in Oudtshoorn by die Kanogvallei gemeente plaasgevind. Meer as 80 gemeenteleiers het dit bygewoon en die algemen gevoel was dat die Swartberg Indaba weer sal plaasgevind.  Die voorleggings sal binnekort gelaai word.

 

 

Die Swartberg Indaba word geleentheid ste skep vir gemeenteleiers om met mekaar in gesprek te tree oor uitdagings wat hulle in die gesig staar. Hierin het die Indaba uitstekend geslaag. Gemeentes so ver as Merweville, Heidelberg Georege en Mosselbaai het deelgeneem. Die Wandel in ie Woord is gedoen uit Jes 53 wat die Lesrooster tek is vir die komende week, en deelnemers het ervaar dat dit ‘n baie toepaslike teks was. 

 

 

 

 

 

Hannes Koornhof was die enigste spreker wat gepraat het oor hoe gemeentes die uitdaging van diversiteit kan aanspreek.

 

 

 

 

 

Verder het Jan Marais ‘n geprek gelei oor hoe ons meer kan maak van die Doop.

 

 

 

 

 

 

 

Schalk Kotze het ‘n baie interesante gesprek gelei oor ons verantwoordelikheid om die aarde te bewaar en daar het ‘n forum vir Rentmesterskap en bewaring tot stand gekom wat eersdags op www.communitas.co.za gestig sal word.

 

 

 

 

 

Die gesprek oor gemeentes se veratnwoordelikheid om huwelike te ondersteun sal ook binnekort tot gevolg he dat daar huweliksberadings tools op die webblad geplaas word.

Van die meeste energie was om te praat oor wat gemeentes kan doen om Armoede te verlig. Piet Loader van Argi Suid-Kaap het ‘n inleiding gedoen

 

 

 

 

 

en Hennie van SCEP het ook sy verhaal met ‘n groep gedeel.

 

 

 

 

 

 

 

 

met die gesprek oor simboliek is daar interessante voorbeelde gedeel