{ARGIEF}

Eerste inskrywings stroom vroeg in!

Verantwoordelike Vernuwing 2009 Stellenberg 25-26 Augustus 2009 se eerste inskrywing het begin inkom. Ons gaan fokus op die bou van bates in die gemeenskap om so ons hoop te herwin.  Ons gaan reguit praat oor geweld – slagoffers gaan hulle verhaal vertel en kenners gaan ons help om te verstaan hoekom ons in SA mense doodmaak vir ‘n selfoon. Ons gaan reguit praat oor die onderwys – en hoe gemeentes vennootskappe met skole kan vorm.  Ons gaan reguit praat oor die uitdagings van die ekonomie – en hoe gemeentes mense kan help om hulle hoop uit armoede te herwin.  Bring gemeenteleiers, sakeleiers, onderwysers, vakbondlede, Stadsraadslede en lede van die polisieforum saam wat bereid is om uitgedaag te word om te kies vir HOOP. Laai volledige program en inskrywingsvorm hier af