{ARGIEF}

met die sleuteltekste van die Leesrooster as basis

Sesde week in Lydenstyd (Palmsondag)
14 April
Psalm 118:1-2; 19-29
Ons vier fees!
Ysbreker
Watter familiefees sal jy altyd onthou en hoekom?
 
Lof en aanbidding
Ons is saam in die Here se teenwoordigheid. Sing nou liedere vir Hom waarmee julle Hom uit die hart vol blydskap loof en grootmaak. Kom dan tot rus by Hom. Hy is in liefde by jou. Dink in jou stilte na oor ontmoetingsplekke van liefde met Hom die afgelope week in jou lewe. Herhaal die woorde “Aan u liefde is daar geen einde nie” saggies dat dit diep tot in jou hart insak. Rus dan net ‘n oomblik in sy liefde.
 
Woord
Ps.118:1-2; 19-29

  1. Lees die Psalm biddend deur met jou hart. Raak bewus van God se eindelose liefde en hoe dit jou in jou binneste laat voel. Beleef die opgewondenheid in die Psalm oor God. Herhaal die woorde in jou hart wat vir jou uitstaan. Sien hoe die woorde jou lewe verander.
  2. Hoe klink die loflied en getuienis van God se kinders in hierdie Psalm? (Verse 1-2).
  3. Wat is die grootste verlange in die Psalmis se hart? (Verse 19-21) Hoe raak dit jou?
  4. Hoe moedig die Psalmis sy lesers aan? (Verse 22-27)
  5. Vanaf vers 28 raak sy Psalm weer ‘n gebed. Die groep bid nou die woorde tweemaal hardop saam.

 
Bedien mekaar
Draai 3-3 na mekaar toe. Vertel eers vir mekaar hoe baie die ander twee vir jou beteken en watter mooi dinge jy in hulle raaksien. Deel dan julle behoeftes met mekaar en bid vir mekaar.
 
Uitsending
Hoe gaan die groep die week wat voorlê vir mense laat verstaan dat daar aan die liefde van die Here geen einde is nie?