{ARGIEF}

Bederfdag vir Predikante se vroue

Die Communitas-taakspanne Vrouebegeleiding en Predikantebegeleiding het saam inisiatief geneem om vroue van predikante bietjie te bederf en daardeur dankie te sê vir hul ondersteuning in gemeentes. Predikantsvroue wat langer as 20 jaar aan ‘n spesifieke gemeente verbonde is, is uitgenooi na hierdie bederf-uitstappie.

Die oggend het met ‘n ontbyt begin nadat vroue van Mangwanani, Zevenwacht, die vroue vermaak het met sang en dansies. Na die bederfsessie kon weer lekker middagete geniet word, voordat die vroue huis toe moes vertrek.

altalt

Uit die briewe van dankbaarheid wat ons ontvang het, kan ons agterkom dat hulle heerlik gekuier, lekker ontspan en dankbaar huistoe is na ‘n lekker bederf.