{ARGIEF}

bergsig1Mathys Roets en Annalise Wiid het met hul optrede die gaste die Woensdagaand geïnspireer en ‘n vlammetjie van hoop aangesteek vir Donald.
Die fondsinsamelingsprojek, om ‘n aangepaste voertuig te koop teen R300 000.00, is amptelik afgeskop. Donald sal dan gemaklik by sy werk kan uitkom.
‘n Hoogtepunt was toe die Hallelujalied gesing is deur Mathys en Annalise en hulle die gaste genooi het om saam te sing.
Mathys, Lize en Donald het rolstoel-stories uitgeruil en geskaterlag oor al hul daaglikse ervarings.
Met ‘n prystrekking is daar reeds R5 360 ingesamel. ‘n Buitelug verwarmer is deur Gail Agenbag geskenk.
Hans Human is die projekleier van die Betesda-projek wat die inisiatief geloods het.
Radio Tygerberg-omroeper en skrywer, Benescke Jansen van Rensburg, het met die Bergsigvroue gesels oor die tema: “Kry jou geestelike sprankel terug” en sy het ook haar nuwe bybelstudieboek; “Oorkom jou vrees” bekend gestel. As spreker het sy het ‘n treffende boodskap gebring wat inspireer. Lizel Mouton het ʼn paar liedjies van haar nuwe Gospel CD, “LIG”, gesing. Die lied se woorde het mooi aangesluit by die “sprankel”-tema. Marina Olivier het items wat sy van Thailand af gebring het, uitgestal en te koop aangebied ten bate van hulle Thailand gebedsuitreik, Frontida. Die vrouens het by mooi gedekte tafels gesit en op die spyskaart was potbrood, paté, port & poeding. Die poedingtafel het die vroue so opgewonde soos kinders by ‘n kinderpartyjie gehad. Die vrouens kon nie wag om hul “poedingsakkies” vol lekkergoed te prop nie! Lux Verbi het van Benescke se boeke weggegee as geskenke.
bergsig2