{ARGIEF}

Die Waarderingsonthaal het sy ontstaan in die 1970’s/1980’s met die doel om waardering te betuig teenoor afgetrede dames van die Vrouesendingbond wat onontbeerlike werk binne die Kerk se sendingaksies verrig het. Mettertyd is getroude oudsendelinge ook genooi soos hul name aan ons voorsien is. Dit is nie ‘n funksie vir alle afgetrede sendelinge wat in die Wes-Kaap se sinode diensbaar was nie. Dit sluit ook persone wat in kerklike diens was soos die Kweekskool, Minnie Hofmeyr Kollege, Hugenote Kollege en afgetrede personeel in sinodale diens – afgetrede predikante uitgesluit – in. Persone teenoor wie ons graag waardering betoon.

altaltalt           Die onthaal word elke jaar in Oktober in Die Strand gehou. Dit is ‘n sentrale plek vir die meeste mense en word deur ± 80 persone bygewoon. Hoewel dit ‘n aangename weersiens vir almal is, poog die Vrouebegeleiding taakspan om elke keer iets vars aan te bied soos ‘n tromsessie, Joodse dansgroep (WOW- geleenthede) en interessante sprekers.