{ARGIEF}

Dit gebeur te veel kere dat die slimste brein gevange geneem word deur eie behoeftes, eie voor- en afkeure, die paradigma en konteks waarbinne dit beweeg en veel meer. Die resultaat daarvan is dat hierdie “brein” dan ingespan word om te verduidelik en te rasionaliseer waarom hierdie “voorkeur” reg is en die verhewe posisie is om in te neem.
Dit gebeur dikwels in die samelewing dat daar aggressors en slagoffers is. Dikwels gebeur dit dan dat die slagoffers na ’n tyd verander in aktivistiese aggressors en hul eie liefdelose optrede regverdig en verdedig deur aan te voer dat hulle steeds die mishandelde party is, ook lank reeds nadat dit nie meer die geval is nie. ’n Mens sou lank kon praat oor hoekom hierdie dinamika so dikwels sigbaar word.
Ek dink die kerk se institusionele gesig gaan geforseer word om in die volgende dekade dramaties te verander. Ek dink nie dit is sleg nie en dalk ’n ingryping van God self. Daar is te veel kante aan die formele kerk wat dit in te vele opsigte ’n korporatiewe godsdiens gemaak het en nie altyd meer diensbaar is aan die kernboodskap wat Jesus Christus kom verkondig het nie.