{ARGIEF}

The true gospel is a call to self-denial. It is not a call to self-fulfillment – John MacArthur
Vandag se fokus was `n gebroke wêreld en versoening. Die Bybelstudie uit Ef 2.
Kennis geneem van die 250- milj “Dalits”- uitgeworpenes in Indië. Sommige sê dis soos apartheid. Hulle het selfs aparte begrafplase. Net die vroue is nie “untouchable” nie.
250 000 tempelprostitute
Kennis geneem van die 27 miljoen slawe wêreldwyd. Meeste vroue en kinders. Na dwelms die 2e grootse swartmark ter wêreld.
Geluister na die getuienisse van `n Palestynse Christen vrou en `n Messiaanse Jood.  Saam op verhoog en wonderlike versoeningsboodskap. Ja, Christus het ook `n antwoord vir Palestina!
Verhale gehoor oor wat skeefgeloop het in Rwanda.
Kennis geneem van die broeiende krisis in Sudan.
Vanmiddag in wegbreek sessie saam gedink oor welvaart en armoede en die 1 biljoen mense vasgevang in armoede wat leef op 1$ `n dag.
Geluister na Richard Stearns , president van World Vision
Ook in wegbreek sessie saam gedink oor globalisasie, ekonomiese tendense, ekologiese tendense en die kerk se antwoord daarop.
Vanaand gefokus op die Midde-Ooste. Die verhaal van die christene daar in resente tye.
Ai, ons almal leef maar in klein wêreldjies… Die konferensie maak my oë letterlik en figuurlik oop vir `n veel groter wêreld daar buite.
Lewe asof Christus gister gesterf het, vanoggend opgestaan het en môre weer kom! – Martin Luther