{ARGIEF}

In die kerk noem ons die Adventstyd en Kersfees. Die wêreld noem dit sommer die Feestyd. Jy kan met ander woorde vier wat jy wil, soos jy wil en waar jy wil. Ek bedoel dit nie negatief nie. Die wêreld wil dit uitroep: Ons hoop julle het `n goeie tyd. Daar is in hierdie dae egter ook siekes… sterwendes en mense met ondraaglike pyn. Vir hulle en hulle geliefdes is die “feestyd” baie anders. Die kontras maak dit meer traumaties. Ek kan nie anders as om aan hulle te dink nie. Ek dink oor kinders wat dit nie verstaan nie (nou nie dat ons grootmense goed verstaan nie). Ek dink sommer hoe vanselfsprekend ek dit aanvaar om nie enige pyn in die feestyd te hê nie. Ek dink oor gesondheid en die lewe en ek wil net vir `n oomblik in dankbaarheid kniel by die Kind in die krip en bid vir hulle wat in die dae so swaarkry