{ARGIEF}

Die groot moeilikhede in jou lewe word meestal nie eensklaps opgelos nie. Dit word verander deur dag vir dag voort te gaan met jou lewe en jou werk. Dinge verander wanneer jy stukkie vir stukkie jou gewone werk doen en vertrou dat God daardeur die buitengewone sal doen. So doen vandag wat jy moet doen. “Woon en werk rustig voort” (Ps 37) Staan op en gaan aan. Dis die pad vorentoe.