{ARGIEF}

Gister het ek ’n heerlike ontmoeting met die Aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba gehad. Hy is werklik ’n merkwaardige en ’n waardige man. Hy is sag en warm met ’n besonderse intellektuele kapasiteit. Tog val dit my elke keer op dat die mense om hom, sy personeel en kollegas, hom aanspreek as “Your Grace” Dit is tradisie in die Anglikaanse kerk. Toe wonder ek – tong-in-die-kies, hoe ’n mens ek sou wees as mense my die heeldag, “your grace” sou noem. Dit moet mos afgee op ’n mens. Dalk was die Engelse nie heeltemal so dom nie. En hoe sou die mense om jou word as jy hulle die hele tyd op ’n sagte manier aanspreek. “Môre jou vriendelike mens!” Miskien moet ons daaroor dink. Ons is soms nogal daarop uit om die ander een sleg te sê en dan word hulle so….