{ARGIEF}

Vandag was `n rusdag hier by Lausanne.. en ook maar goed want die hoeveelheid inligting, ervaring en emosies wat `n mens moet verwerk is bykans te veel.
Miskien net nog `n woord, soos belowe oor gister se wegbreeksessie oor globale tendense wat vir die kerk lê en wag. Dit is gevolgtrekkings nav navorsing wat in 19 “global south” lande gedoen is.
1. Mono-kultuur: TV modes musiek internet ens maak al meer en meer dat kulturele identiteit kwyn. Die hele wêreld kyk nou Baywatch en MTV
2. Migrasie: Mense beweeg om baie redes. Ekonomies, maar ook agv veligheid en nood. Hulle beweeg van land tot land, na maar veral van platteland na die stede. Meer as 50% van die mensdom woon in stede met 21 stede wat reeds meer as 10 milj inwoners het.
3. Gelykwaardigheid. Die suide weier om langer as minderwaardige vennote in `n globale opset gesien te word. Afrika beplan om al meer en mee sendelinge na Europa te stuur!
4. Tegnologie: Tegnologie ontwikkel steeds en gaan `n steeds groter impak op alles hê. Kerke kan dalk goed doen om kursusse vir mese bo 50 oor inligtingstegnologie (skype epos internet ens ) aan te bied. 4 Jaar gelede het VSA kinders meer as 5 uur per dag na een of ander skerm (TV PC selfoon ) gekyk. Vandag is dit 7 uur. Hoe? Hulle “multi-task”
5. Konflik en behoefte aan mediasie: Etniese- , rasse-, religieuse- politieke-, en ekonomiese konflik groei steeds namate die wêreldbevolking groeie en mense te midde van skaarser bronne al nader aan mekaar geforseer word. As iemand dit nie ontlont nie wag moeilikheid.
My sensitiewe gedagte vir die dag: Beide Islam en die Joodse geloof maak nie baie van vergifnis nie, maar wel van `n oog vir `n oog en `n tand vir `n tand. Dan vra mense hoe vrede so traag kom in die Midde-Ooste? Israel en palestina het duie Evagelie van jesus Christus baie baie nodig…
6. Geregtigheid en nood: Dit word al duideliker dat kerke wat nie passievol oor hierdie kwessies is nie hul jongemense gaan verloor. Dis die goed waaroor jongmense passievol is en raak.
7. Geheue. In feitelik alle groepe/volke wêreldwyd is daar `n korporatiewe geheue oor hul verlede. Ons leef in `n globaliserende wêreld, maar onthou ons velede. Weliswaar soms vaagweg, maar beter as wat meeste besef. Dit word ons anker. Dit maak egter soms seer en moet met respek hanteer word as ons medebestaan wil bevorder. Min mense het `n sensitiwiteit vir ander se geheue!