{ARGIEF}

Armoede is ’n krisis en ’n ellende, maar die dilemma met armoede is dat dit soms virusse baar wat nog groter moeilikheid skep. Die voorbeelde is legio. Vandag net een. Dit gebeur dikwels dat mense met goeie bedoelings die vraagstuk probeer aanspreek en dan ’n nuwe ideologie skep wat nog groter ellendes skep. Het dit nie met Karl Marx en kommunisme gebeur nie? Het dit nie met die Volkskongresse, wat aan die begin van die vorige eeu oor die armblanke vraagstuk gehou is, gebeur nie? Die onderbou van apartheid was reeds in daardie verslae wat die problematiek uitstekend geanaliseer het ingebou. EN gebeur dit nie ook vandag met ’n nuwe beleid oor swart bemagtiging en regstellende aksie nie? Daar is meer voorbeelde. Die armes, sê die Bybel sal ons altyd met ons hê, maar ek weet dat ons Goddelike wysheid nodig het, gelei deur die Heilige Gees, ander gaan ons weer droog maak. Intussen mag die kerk nie ophou om oor hierdie brandende kwessie te dink en te praat nie.