{ARGIEF}

Askies dat ek so aangaan oor Lausanne, maar my wêreld het regtig `n bietjie groter geword. Daar is ‘n teks wat by my spook… “uit elke volk en stam en taal….” Ek het dit met my eie oë gesien en daar het ‘n sekerheid oor die Waarheid van die Evangelie in my gegroei wat my nie arrogant maak nie, maar met liefde vul vir die hele wêreld.
Toe dink ek sommer ook aan die woorde van Nico Nel nadat hulle uit Eversdal na `n kleinhoewe buite Ceres getrek het: “Ons het na `n klein dorpie getrek en toe raak die wêreld vir ons groter!”