{ARGIEF}

Die lewe het `n ewige ritme van orde en chaos. Die goeie en die slegte wissel mekaar gedurig af. Die goeie tye is nooit permanent nie en die slegtes ook nie. Dit weet Christene goed. God sal, omdat Hy vir ons liefhet, dinge wat skeefloop altyd weer verander.
Natuurlik is daar sekere dinge wat op aarde permanent is. Die dood is een so `n voorbeeld. Tog hoef droefheid en hartseer nooit permenant te wees nie. Dinge is nooit weer presies weer soos dit was nie. Dit is deel van die ewige voortgang van die lewe, maar dit kan altyd weer goed wees.
Sommer `n laaste woord oor gebed. Ek glo vas dat ek met enige iets na God toe kan gaan. Hy is groot genoeg en lief genoeg vir my om dit aan te hoor. Natuurlik weet ek uit ervaring dat God nie noodwendig gebede-op-aanvraag beantwoord nie. Hy bly God en is wat ons noem, `n soewereine God. Daarby moet ek berus. Ek kan en mag en moet egter altyd bly vra. Dit is die wonderlike voorreg wat ek het om deur Jesus Christus, kind van God te kan wees.