{ARGIEF}

Gisteraand het ek die voorreg gehad om na emeritus aartsbiskop Desmund Tutu te luister waar hy oor versoening gepraat het.
Vanmiddag was ek in `n gesprek met ander swart kerkleiers oor die onderwerp. `n Paar kragtige sinsnedes het uit vanmiddag se gesprek by my bygebly:
Versoening het `n struktuur soos sout en suiker dit ook het. Jy kan van die elemente hê maar nie noodwendig die ware Jakob nie.
Sommige mense glo: “I deserve to be in a position of unforgiveness”
Sommige mense (Melema en ander) “Create a world of hate”
Sommige gelowiges kry dit reg om as Christene steeds te haat omdat hulle gevoed is met ‘n “limping Gospel” `n Halwe Evangelie.
Die struktuur vir versoening is geregtigheid
Die struktuur vir geregtigheid is waarheid
Die struktuur vir waarheid is nederigheid
Die struktuur vir nedrerigheid is die begrip dat alle mense na die beeld van God gemaak is
Die boodskap van versoening is in `n “Inconvenient Truth”, maar daarsonder is ons almal gedoem.
Daar is tans in Kayelitsha `n nuwe organisasie: Abahlali Base Mjondlo: of te wel die Shack Dwelllers Association. Hulle is anti – enige vorm van regering. Hulle sê hulle is teen Jacob Zille! Die eerste virus van anargie?
Dankie tog vir gisteraand se boodskap van hoop